Pick-up lines om te vermy!

Ek het eergister gesê hoe mens met bietjie moeite seks heeltemal gratis kan kry.

Dit is heeltemal waar. Jy kan!

In plaas daarvan om ‘n ‘How to’ gids te maak het ek gedink om ‘n gekondenseerde ‘how not to’ gids vir seksueel gefrustreerde mans te skryf.

Jy sal natuurlik ‘n meisie nodig hê as jy nie die doen-dit-self roete wil volg nie.

Hiervoor stel baie ‘kenners’ ‘n pick-up line voor. Dit is eintlik ‘n kak idee want meeste girls is dadelik afgesit. Jy kan hulle tog probeer maar jy sal die volgende ‘lines’ moet vermy:

1. “Vir ‘n vet meisie sweet jy nie baie nie”. Dit klink dalk soos ‘n komplement maar sy gaan jou ‘n PK gee en ‘n drankie in jou gesig gooi.

2. “Lê jy of mors jy my tyd?” is nog ‘n uiters kak een en sal dieselfde uitwerking as #1 hê.

3. “Ek het nog nie so mooi girl soos jy gesien vandat ek op parool uit is nie” is heeltemal te eerlik.

4. “Man! Maar jy sal goed lyk met duct tape oor jou mond in my kattebak” is net snaaks vir jou dronk pelle en sy gaan die polisie bel.

5. “Ek is ‘n Sagittarius, half man half perd. Weet jy watter helfte is perd?” sal klink soos spog en sal meer ‘insecure’ klink as enigiets anders.

6. “Ek’s hier met my helikopter en ek kan jou later vir ‘n spin vat” sal dalk belangstelling wek aan die heel begin maar die waarheid gaan uitkom en dan is jou naam ernstig tottie.

Jy moet die lysie meer as reëls sien as individuele ‘lines’. Met ander woorde, “Vir ‘n dikgat ruik jy nogal lekker” sal onder ‘reël’ #1 val. Jy moet enige ‘lines’ in hierdie lyn vermy, nie net die spesifieke lyn nie.

Gaan nou uit en koop vir ‘n meisie ‘n drankie of ‘n koffie. As jy baie lelik is maak dit ‘n drankie. Meeste meisies se standaarde daal so bietjie met ‘n drankie of twee. Sommige van hulle raak natuurlik geweldadig of moorddadig na te veel so pasop!

Sterkte, ek hoop die lysie help.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed