Rolmodelle is ‘n kak idee

Joost-cover-300_jpg_300x1000_q85

Die tydskrifte soos Heat en Huisgenoot, het die afgelope jaar permanente semi-ereksies. Waar het jy nou al ooit sulke sappige, sexy, kom-hier-jou-lekker-ding stories soos Joost, Jurie, Robbie Clay en Steve Hofmeyr gekry?

Weet jy waar kom die hele kinkel in die kabel in? Weet jy hoekom is hierdie stories sensasioneel? Ek sal jou sê hoekom: Ons maak van normale mense, en sub-normale mense, iets meer as wat hulle is. Hoekom sal enigiemand enige waarde heg aan iets wat Tom Cruise sê byvoorbeeld? Hy is ‘n mens, wat maak of hy ander mense is, vir geld. Hulle (die mense wie hy naboots) is soms interessante mense, soms intelligent, soms nie (dink bietjie aan Maverick van Top Gun), maar HY MAAK NET OF HY DAAI MENS IS! Mens noem dit toneelspel, dit is wat akteurs doen. Op een of ander manier, kom daar ‘n kortsluiting in die gemiddelde mens se brein, wat maak dat hy dink “Ek ken daai ou se gesig, dus moet hy belangrik en slim wees, ek moet luister wat hy sê. Ek sal nogal cool lyk in so v-nek trui soos syne”.

In Joost se geval sou ek die hele konsternasie verstaan het as hy bekend geraak het as ‘n pastoor, of vir sy humanitêre werk in Darfur of iets. Ons het, soos gewoonlik, iemand wat rugby verstaan, en ongelooflike instink het vir die spel, begin aansien vir ‘n ongelooflike mens, en die twee het fokol met mekaar te doen nie.

Dit slaan my stom dat mense nog geskok kan wees oor die kak wat Steve Hofmeyr aanjaag. Na die eerste paar buite-egtelike kinders sou mens dink dat die boodskap sou begin in sink. Steve lyk vir my na ‘n intelligente mens, en sy album verkope dui op talent, maar hy is duidelik nutteloos as dit kom by monogamie. Die frustrerende ding is, as Steve ‘n boek sou skryf genaamd Die Huwelik: Steve deel sy geheime vir geluk, sou die boek uitstekend verkoop. Dit is eenvoudig vir mense onmoontlik om Steve se musiek te luister, maar ‘n dowe te gooi vir enige opinies wat hy het oor onderwerpe waarvan hy duidelik fokol weet nie.

Die gemiddelde mens is net te deur die kak om die onderskeid te tref tussen ‘bekend’ en ‘iemand wie se opinie belangrik is’.

Relevante Stukkies:

  1. Steve Hofmeyr se dikderm.
You can leave a response, or trackback from your own site.

3 Responses to “Rolmodelle is ‘n kak idee”

  1. Amoer says:

    Wierd dat ons so op al die verkeerde plekke kyk vir raad en wysheid. Dit is soos “Intelligent life” in die buite ruimte soek (want fok weet dit is nie hier nie). Ons verwag dat sporthelde, sangers ens. morele kompasse moet word (dit is juis die ouens wat die meeste “beproef” word) En hulle like dit – die beproewing nou. Wie sal nou nie – die enigste rede waarom ek bv. begin kitaar speel het was vir die girls. (Nou is ek getroud en speel nou 2de viool – maar dit is ‘n ander storie). En dit is nie net vir morele sake nie – ons verwag bv. van ‘n minister om strategiese insette en bestuur te lewer terwyl sy veld van expertise eerder in gatkruip, baba’s soen en kakpraat is. Die ou gaan nie vir jou rigting gee nie, want hy gaan eers kyk in watter rigting die wind waai en waar is die kans die kleinste dat hy met sy vingers in die till gevang gaan word.

    Op ‘n ander noot (en ek sluit nou af – wil nie jou blog hi-jack nie ;0)kan ons nie maar as ‘n ou volkie saamstaan en weier om BMW en Mercedes Benz ens. te koop solank hulle, hul motors vir die hoofmanne oor honderd beskikbaar stel nie (klein opoffering vir my ek kan in elk geval nie die klas ryding bekostig nie) Jy kan verseker weet as jy iemand vra om die show te run en die reëls te maak sal een van die eerste reëls wees dat hulle maak is dat ek nou ryding X teen die GDP van my naaste buurland (waarna ek en my lywagte dikwels ten duurste vlieg) mag aankoop. Hierdie is nie net die huidige regering nie – orals gaan dit so. Vir die sisteem om so korrup te wees werk die ANC en die whities nou al dekades saam – dit is hoe die regtige “Rainbow Nations” lyk in “Fuck-the-poor” Lavender en “I’ll-take-one-for-JHB-as-well” Green.

    Daarsy nou is ek klaar en voel beter – tyd vir ‘n sigaret na die tyd.
    Tarra parra

  2. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Nee wat, jy kan maar weer comment. Dit is so lekker om kommentaar te lees wat my eie denke so goed verwoord.

    Hoeveel diktators van vandag is nie gister se vryheidsvegters nie? Ek dink die konsep van ‘bose mense’ is gedeeltelik verantwoordelik. Die idee dat almal eintlik geslepe bliksems is wie dopgehou moet word, is nie net volgens resultate nader aan die waarheid nie, maar sal regverdig dat ons almal met valkoë dophou.

  3. lunanoir lunanoir says:

    die hele rolmodel ding laat my nou dink aan mense wat ek ken, die girl en ou het mekaar op die paal gesit, nie net eenkeer nie, maar 2keer. en net omdat jy die kind gemaak en gedra en gedrop het, maak nie van jou ‘n ma of ‘n pa se gat nie. die kenners word nou deur die gay boet en bf grootgemaak en versorg en beter sorg kan ek nie aan dink nie, en tog wil die welsyn nie dat die kinders deur gay mans grootgemaak word nie. maar dis nou maar hulle fight en ek kan net my tong klik en wonder oor wat met die arme bloedjies gaan gebeur.

    mense moet hulle aansien verdien, dit moet nie net aan hulle gehand word omdat hulle ‘n seker job beklee of titel het nie. check vir jz. die man is niks anders as ‘n DIRTY OLD MAN nie. punt. as jy op sy ouderdom soveel vrouens het en nog kans sien vir rondshnaai, het jy ‘n seksdryf en geen mens wil aan ou mans se seksdrange dink nie. sies.

    julius malema is die leier van die yooth leak. ffs. need i say more? elke 2de woord uit sy mond is rubbish, guarenteed om mense op te sweep en aan te hits wat nie van beter weet nie, en nou kom dit uit dat hy skelm kan wees en die een huis na die ander kan bou op sy staatsamptenaar pay??

    ag kak met hulle. their shit don’t stink??? it surely does.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed