Seepboks

Nouja, hier is ‘n maklike oplossing vir kakpraat

335 Responses to “Seepboks”

  1. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Nee O bliksem, die ou op die ysbeer is vir ewig gebrand in my brein. Wat gesien is, kan nie ongesien word nie.

  2. Brannas Brannas says:

    So ou maandag grappie:

    Twee boere, Jakob en Hendrik dryf rond in ‘n boot op see. Hulle grawe deur die boot se voorraad en Hendrik ontdek ‘n lamp.

    Hy vryf die lamp en ‘n genie kom uit. Die slegte nuus, sê die genie, is dat daar net een wens is. Hendrik, sonder om te dink, skree, “verander die see in brandewyn en coke!” Die genie klap sy hande en die see verander in brandewyn en coke.

    Die twee sit doodstil en dink. Jakob staar na Hendrik met misnoë. “Mooi so, breindood” sê hy, “nou moet ons in die fo#@en boot pis!!”

  3. Doosdief DRIES says:

    Goeie een Brannas!!

  4. Doosdief DRIES says:

    Koos het n afspraak by die haarkapper en stap presies 3-uur by die salon in.
    Haarkapper: ” Jislaaik, jy is presies op tyd, net soos George”
    Koos: ” Wie is George?”
    Haarkapper: ” George was n ou wat alles altyd reg en perfek gedoen het. Soos jy nou presies 3-uur hier ingestap het was George altyd stiptelik en altyd hoflik en altyd netjies”
    Koos: ”Ja, maar almal het tog maar iewers n tekortkoming of twee”
    Haarkapper: ”Nie George nie nee, hy was n uitstekende atleet, rugbyspeler en tennisster met n gespierde liggaam om van te droom. Hy kon opera sing wat Frank Sinatra na n amateur laat klink het en dan kon hy boonop homself op die klavier begelei. Nee George was n amazing ou, nie so allerdaags en onbeholpe soos ek nie”
    Koos: ”Klink my hy was regtig n merkwaardige ou”
    Haarkapper: ”Baie merkwaardig. Hy het n brein soos n computer gehad. Hy het almal se verjaarsdae en huweliksherdenkings onthou. Hy was n wynkenner en fynproewer van formaat met die mooiste tafelmaniere ooit Verder kon hy enige ding op aarde regmaak, nie soos ek wat net probeer om die stoof se fuse te vervang en dan die hele buurt se krag laat trip nie. Nee, ou George kon net niks verkeerd doen nie”
    Koos: ”Ja-nee wragtig, jy kry nie baie sulke mense nie”
    Haarkapper: ”Jy weet, hy het die gawe gehad om nooit in die verkeer vas te sit nie. Hy het altyd die kortste en vinnigste roete gery sonder om ooit in n verkeersknoop te land. Ek, aan die ander kant, land elke bleddy dag in n traffic jam. George het net nie foute gemaak nie, en kon hy n vrou bederf en laat goed voel! Al is sy verkeerd het hy nooit tee gepraat of geargumenteer nie. Kyk, meer perfek as George kan en sal jy nerens kry nie”
    Koos: ”Ongelooflik, hoe het jy hom ontmoet?”
    Haarkapper: ”Nee, ek het nooit die voorreg gehad om vir George te ontmoet nie. Hy is n paar jaar gelede oorlede ……… ek het met sy fokken weduwee getrou”

  5. Lisa Lisa says:

    Baie goeie ene Dries!

  6. Doosdief DRIES says:

    Ek wens almal ‘n baie geseënde Kersfees en ‘n wonderlike 2012 toe!!
    Dankie vir die lekker lag die afgelope jaar, dit maak ‘n bra kak dag sommer baie beter!!
    Moenie te veel eet en drink nie, ry veilig, en vir die gelukkiges wat op vakansie gaan, kom veilig terug.
    O ja, onthou die sonbrand room!!!

  7. Doosdief DRIES says:

    Hello almal!!!

    Voorspoed vir 2012, mag dit ‘n wonderlike jaar wees

  8. Brannas Brannas says:

    Yes yes… dankie Dries, voorspoed van huis tot huis.

    Grappie vir die week:

    Ons Suid Afrikaners is snaakse mense.
    As ons depressed voel dan suip ons,
    As ons iets wil celebrate dan suip ons,
    As ons niks het om te doen nie dan suip ons.
    Daar is groot fout mense!!!
    Bring vanmiddag jou dop, dan praat ons hieroor.

  9. Brannas Brannas says:

    Ek het die afgelope vakansie ‘n interresante episode beleef:

    Nadat ons terug was by die huis, het my tuinhulp van baie jare ook toe
    so twee weke se verlof gekry.

    Dit het natuurlik beteken dat ekself weer agter die grassnyer moes inskuif.

    Die Saterdag-oggend was ek in my oudste PT-broek en T-shirt besig om die gras op die sypaadjie voor ons huis te sny,
    en ek was haastig en wou die job ordentlik en gou afgehandel kry. Ek was nie lus om vir ‘n nuwe voornemende tuinhulp
    te verduidelik hoe die gras gesny moes word nie.

    Maar soos dit maar altyd gaan: As jy niemand nodig het nie, dan daag al die hulp in die wereld op. Elkeen wil weet of hy
    nie ‘n piece-job vir die dag kan kry nie. Toe die vierde een opdaag en hande in die sakke staan en vra of hy ‘n piece-job
    kan kry, toe verloop die gesprek omtrent soos volg:

    Hy: “Ek ken hom die sny van die gras, ek soek die job”
    Ek: “Sorry man, ek bly nie hier nie, ek werk net vir die mense wat hier binne bly.”
    Hy: “Hau, die mense hulle employ ‘n whitey by die tuin”
    Ek: “Ja, en hulle gee nie eers kos by lunchtime nie.”

    Einde van die storie was, dat hy sy pakkie Kent sigarette uithaal, en my een aanbied.
    Ek vat toe een, en hy steek hom vir my aan. Ek vat so drie trekke, nip die outjie, en
    sit die stompie agter my oor.

    So met die wegstap was sy laaste woorde: “Die ANC het alles kom opf…k.

  10. Worsbeursie Worsbeursie says:

    HA HA HA! Uitstekend Brannas. Met jou toestemming sal ek hom op sit as ‘n post.

  11. Doosdief DRIES says:

    Verskoon die Engels, maar dis al hoe hierdie een werk!!!

    # How do they serve alcoholic drinks on Italian cruise ships? – On the rocks

    # What vegetables do you get with dinner on Italian cruise ships? – Leeks

    # What’s the fastest way to get off an Italian cruise ship? -
    Follow the captain

    # When the captain of the ill fated Costa Concordia was asked if he
    knew where he was going he replied “off course.”

    # So the captain of the Costa Concordia will soon be in the dock.
    That’s more than can be said for his ship.

    # I like my women how I like my Italian Cruises. Wet, wrecked and
    ready to go down.

    # The Costa Concordia is probably the most expensive thing to go down
    in Italy since Berlusconi’s last hooker.

    # What’s the difference between the Italian economy and the stricken
    cruise liner Costa Concordia?
    Nothing – The bottoms dropped out of both.

  12. Brannas Brannas says:

    hehe Dries….

    Nog ene: Never try a barrel roll if you are the captain of a cruise ship!

    Wors, of course sit hom op!

  13. Brannas Brannas says:

    F@@@k wats almal so stil? Hou julle ouens wildtuin vakansies?

    Ek dink ons moet ‘n braai reel!

  14. Doosdief DRIES says:

    Hel Brannas, goed om te sien jy’s darem ook nog hier!!!

    Die moer alleen weet wat het van almal geword.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed