Seepboks

Nouja, hier is ‘n maklike oplossing vir kakpraat

Be Sociable, Share!

340 Responses to “Seepboks”

  1. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Is ons nie almal hier in die Westelike gedeelte van Joburg nie? Ek dink dit kan lekker wees.

  2. Brannas Brannas says:

    Definieer wes… Ek is seker meer noord as wes maar gelukkig loop my trok nog mooi so ry is nie ‘n probleem. Solank dit nie verby Bloemfontein is nie.

  3. Brannas Brannas says:

    As Wes pretoria Wes is dan … kan ons dit reel vir 2050. lol

  4. Doosdief Dries says:

    Ek bly in die Weste, werk in die Ooste!! Sê net waar en wanneer!!
    Net nie die einde van die maand nie, want dan sit ek alweer met my gat in die wildtuin!!

  5. Brannas Brannas says:

    More mensies… hier is ‘n golden oldie wat ek weer gekry het! Moerse snaaks:

    Epol Dieët
    Ek haat dit wanneer mense hulle onnosel hou, met simple vrae wat my teen die mure uit kan dryf!

    Net nou die dag gaan koop ek ‘n sak EPOL hondekos by Pick ‘n Pay en ewe,
    terwyl ek so in die ry staan, vra ‘n vrou agter my of ek ‘n hond het.

    Nou kyk, net daar voel dit asof my derms draai van bedingesgeid, en my brein begin skree soos staalwol teen ‘n swart bord.

    Sommer aspris, sê ek vir haar: “Nee, ek het nie ‘n hond nie – ek begin weer met die EPOL dieët.”

    Sy lyk toe nogal soos die basterbrak in ons straat, terwyl sy haar kop draai en my snaaks aanloer, maar ek gaan ewe aan:

    “Eintlik weet ek dat ek nie weer op die dieët moet gaan nie, laaskeer het ek in die hospitaal beland. Ek het wakker geword in intensiewe eenheid met pype wat in en uit elke gaaitjie in my lyf uitkom!”

    Sy staar my aan met ‘n mengsel van skok en belangstelling terwyl ek aangaan, “Maar ek het 22kg verloor in drie weke en dit was beslis die moeite werd.”

    Ek gaan toe aan en vertel haar dat die EPOL dieët eintlik volledig voedsaam is met al die vitamines en minerale wat mens nodig het vir elke dag,. En hoe mooi my hare deesdae blink.

    Haar oë hardloop oor my voorkop na my boskaas, en ek voel die simple ironie, dat sy glo. Ja sowaar, glo sy als wat ek sê!!

    Ek gaan aan om haar te vertel; al wat jy doen is om jou broeksakke vol te
    maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee wanneer jy ookal honger voel.
    Hulle swel MOS 5x hulle groote uit en vul jou magie sommer vinnig! Dis so
    maklik!

    Teen hierdie tyd luister al wat ‘n persoon is na my storie – veral die man
    wat agter die uitvraerige vrou staan.

    Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van
    voedsel vergifting? Ek antwoord haar toe ewe kalm en verbaas: “Nee,” sê ek “ek het in die straat gesit en my bal gelek, toe ry ‘n kar my raak!”

    EK DOG DIE OU AGTER HAAR KRY ‘N HARTAANVAL VAN DIE LAG!

    SIMPEL VROU – NOU VRA EK? VIR WIE DINK SY KOOP EK DIE DêM HONDEKOS?!

  6. Brannas Brannas says:

    Lol hier is ‘n classic video!!

  7. Doosdief Dries says:

    Baie goed Brannas!! Dis nou wat jy kry as jy ‘n kak vraag vra, nê!!

    Ek kan myself goed vereenselwig met Barry se dilemma!! By so party is die ou wat moet braai gewoonlik gaar lank voor die vleis gaar is!

  8. Lisa Lisa says:

    Hahahahahahaha Brannas! Ek het lanklaas so gelag! Ek sien jou al in die pad. lol!!

  9. Brannas Brannas says:

    lol Lisa ek dink nie ek kan my been so hoog lig nie. Hulle se mos hoekom lek ‘n hond se balle… want hy kan!

  10. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Ek het lekker gelag vir die ou. Dit is nog snaakser as jy so paar kragapies geken het in jou lewe.

    http://slicktiger.wordpress.com/2010/02/09/the-slicktiger-guide-to-klapping-gym-boet/

  11. Trilwillem Trilwillem says:

    haha Wors, ek het nou lekker gelag…daai fkn tan fotos!!!

  12. Doosdief Dries says:

    Haai aanvalle

    Om te voorkom dat ‘n haai u byt, doen die volgende :

    Wenk nommer 1 :

    Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE.
    Proe aan die water. As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in die see. Draai om en gaan le onder jou sambreel met ‘n drankie.

    Wenk nommer 2 :

    Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is.
    Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom, is baie goed.

    Wenk nommer 3 :

    Moenie in die water gaan sonder ‘n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek, indien jy ‘n haai gewaar.
    Sodra Hy/Sy bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg.

    Wenk nommer 4 :

    Luister noukeurig! Elke haai het ‘n temalied – As jy die volgende hoor, swem vir jou lewe : ” Da- dam … Da- dam … Da- dam … ” As dit so klink :
    ” DADAM- DADAM- DADAM ” – Is jy klaar in jou moer.

    Wenk nommer 5 :

    Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly stil as ‘n haai jou byt.
    Jy is in elk geval klaar in jou moer in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos ‘n maer vark nie.
    Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly.
    Om iemand soos ‘n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik onaangenaam.
    Dink aan die kinders en bejaardes en hou op aansit asseblief.
    JA, Dit is vreeslik erg, maar dis baie traumaties vir die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net stil asseblief. – Daar is nou niks wat jy kan doen nie.

    Hoop die 5 wenke kon van hulp wees vir as so iets wel in die toekoms met u
    sou gebeur.

  13. Lisa Lisa says:

    Hahahahaha!

    Sal maar my ex-man moet saamvat see toe

  14. Worsbeursie Worsbeursie says:

    “Jy is in elk geval klaar in jou moer in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos ‘n maer vark nie.
    Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly”.

    Ek glo dit is die Afrikaner se grootste plus punt – ordentlikheid.

    HA HA HA!

  15. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Welkom terug Edge, ek het my altyd verkneukel aan jou kwinkslae en pittighede.

  16. Lisa Lisa says:

    Nee julle, daar is n paar goed wat maar net nie kan verduidelik word nie…Kyk hier. Hahahaha

    http://explainthisimage.com/unexplainable-photo/popular/52087-red-neck-wedding

  17. Worsbeursie Worsbeursie says:

    HA HA HA! Hel Lisa, nou het ek lekker gelag! Jy WEET mos daai tipe foto’s is my absolute gunsteling.

    Hy hou sy voël vas, en sy lyk lus vir steek?

  18. Doosdief Dries says:

    HaHaHa!!!

    Lisa, waar de hel kruip jy weg???

  19. Lisa Lisa says:

    Hi Dries en Wors, ek is nog steeds besig met die geswottery jong maar maak tyd om so nou en dan n te loer om te kyk watse nonsens julle manne kwytraak lol. Sal vandag weer een van daai weird fotos post.

    Lekker Vrydag!

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed