Selfmoord bevordering onder skelms.

Ek het sopas ‘n artikel gelees oor ‘n staat in Amerika se vuurwapen wet wat gewysig gaan word.

Een van die regters het toe statistiek aangehaal wat sê dat meer as helfte van vuurwapen verwante sterftes selfmoord is. Ek kan nie onthou of hy vir of teen die ding was nie, dit is in elk geval irrelevant. Wat my wel by gebly het was dat iemand gesê het dat die feit dat jy ‘n vuurwapen in die huis het die kanse op ‘n selfmoord in jou huis baie verhoog het.

Nou het ek gewonder, is daar nie ‘n manier om selfmoord onder kriminele te bevorder nie?

Dink net aan die geld wat gespaar sal word as die bliksems hulself sommer begin van die gras af maak. Dink aan die onskuldige polisiemanne se lewens wat ons sal spaar en die howe wat reeds te besig is wat nie ‘n dooie ou hoef te verhoor nie.

Ek is nie ‘n sielkundige nie, maar dit moet moontlik wees om ‘n moerse depressiewe advertensie veldtog van stapel te stuur wat wys hoe uiters kak die lewe van ‘n misdadiger is.

Op Jakaranda sal dit so klink:

Rower 1: “Haai Floors, hoekom lyk jy so af?”

Rower 2: “Aag ek weet nie of ek meer wil leef nie Sipho, die lewe van ‘n misdadiger is so uiters kak”.

Rower 1: “Ek weet, terwyl ek verhoorafwagtend was het die ander fokkers my so gesodomiseer dat ek nie meer weet hoe om te sit nie”.

Rower 2: “Ja, en dan is daar al die blerrie omkoopgeld wat ek moet betaal uit my hard verdiende …….. ek bedoel …….. hard geroofde geld”.

Rower 1: “Weet jy Floors ek voel lus en gooi myself van die boonste verdieping van die 224 af”

Rower 2: “WAAR is die 224?”

Ons kan die befondsing kry uit donasies, ek weet ek sou eerder geld in daai gooi as om een van die straat bedelaars se volgende bottel te koop.

Selfmoord cartoon.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed