Mens hoor gereeld, na iemand ‘n inbraak of ‘n roof gehad het “Hulle was so slim, hulle het agter ingebreek waar niemand hulle kon sien nie” of dalk “Hulle het net die goed gevat wat mens maklik kan verkoop, slim hê?”
Dit is sommer ‘n kak storie. Slim kriminele word nie gevang nie. Hulle is die ouens wat miljoene maak met ‘insider trading’ en geldwassery ens. Huisbrekers en rowers is oor die algemeen baie onnosel, meeste het nie eers skool klaar gemaak nie. As hulle so slim was sou hulle ‘n wettige besigheid begin het of gewerk het, en hulle nie eers hoef te bekommer het oor tjoekie toe gaan nie. Slim en geslepe-met-geen-gewete is twee baie verskillende dinge.
Soos ek vroeër gesê het in ‘n ‘comment’, die kak sal spat die dag as regte slim mense begin dink aan maniere om mense van hulle hardverdiende geld en goed te verlig. As jy jou werk sou los en voltyds jou tyd bestee aan skelm stront uitdink sal jy mos met baie vindingryke goed vorendag kom.
Hier is ‘n oulike site as jy wil sien hoe deur die kak meeste skelms is. Die een van die skelm wat sy regte naam op sy wang ge-tattoo het en probeer het om ‘n vals naam aan die polisie te verskaf is een van my gunstelinge. Ook die dom bliksem wat met een dag oor in die tronk, wag vir dit………….besluit het om te probeer ontsnap. Wat van jy roof ‘n plek, laat val jou wallet en gaan dan terug om hom terug te ruil vir die kontant wat jy nou net gesteel het?
Relevante Stukkies:


