Het jy regtig so kak job soos jy dink jy het?
Jy kon vark breine met hoë druk lug uitgespuit het. Daar is geen mooi manier om daai een te stel nie. Dank jou sterre elke dag dat jou baas jou kak gee oor internet pornografie. Wees dankbaar dat jy so wit soos ‘n maaier is en jou oë knip, knip in die son omdat jy nooit uitkom voor dit donker is nie.
Die arme bliksems wat daai job het in die VSA is besig om siek te raak van die stukkies vark brein wat hulle ingeasem het. Waddefok?
Trotseer jou baas se knoffel asem vandag en gaan gee die ou moer ‘n soen op sy bles. Dan sê jy iets soos “Dankie dat ek nie vark breine hoef uit te blaas met hoë druk lug nie”. Hy gaan nie weet waarvan jy praat nie, en ek kan jou ‘n brief gee, hy gaan fokken versigtig wees vir jou psigopatiese gat.
Geen.



Dis nie so n kak werk nie, solank jy die vark kan kies. Ek sien nou Robert McBride in my geestesoog…