Jan 15

Soveel woorde vir seks

sex_hurts_family_planning

Ek het lank terug ‘n kamer met so paar ouens van Carltonville af gedeel(Dit is ‘n lang storie). As daai ouens ‘n goeie maatstaf was vir die res van Carltonville, is Carltonville die Skurf hoofstad van Suid Afrika. Daai ouens was MOER skurf. ‘n Goeie voorbeeld van hoe skurf hulle was, is toe Jan, wat altyd met sy een hand in sy kortbroek rondgeloop het, met so vêr-weg kyk in sy oë, vir niemand spesifiek nie, gesê het “Juslaaik, ‘n tos sal nou lekker afgan”.

By daai Carltonville ouens het ek die eerste keer die woord ‘skrop’ gehoor. Soos “Toe skrop ek haar en haar ma sommer die selfde aand” (Daai sin was regtig gebruik).

Wat my laat dink het ‘Skrop’ is net as twee skurwe mense seks het, of die meisie is nog nie 16 nie, of ‘n ander onsedelikheid.

‘n Ander gunsteling is ‘Naai’. Mooi mense kan nie naai nie. Lelike ouens, in adidas sweetpakke (die oues met die strepies langs die kante, in rooi, of blou) met bles koppe, snorre en aviator brille………hulle kan ‘naai’.

Spyker het ‘n besliste stoute element aan hom. Jy spyker nie jou vrou van 15 jaar nie. Julle ‘Maak Liefde’ of ‘Verkeer Intiem’, nee, ‘Spyker’ word gereserveer vir girlfriends en ‘one night stands’.

‘Raps’ het ook so stoute gevoel aan hom, maar jy kan jou vrou raps. Dit is dan so skelm enetjie in aantrek kamers of iets.

Daar is dan natuurlik ‘steek’, ‘sweis’, ‘pangelang’ en nog ‘n klomp ander.

‘n Ander een wat die laaities op koshuis gebruik het was ‘Hollie’. Soos in “Fanie sê Sean is ‘n moffie en dat hy vir Gysie ge-hollie het agter die fietsloots”. ‘Hollie’ klink eintlik heel onskuldig en pret. Soos ‘Hollie die Nar’ of ‘Hollie die vriendelike Hamster’ of so iets.

Ek het lank terug gehoor dat hoe belangriker iets is in ‘n kultuur, hoe meer woorde is daar vir daardie ding. Dink net aan al die name vir masturbeer(skommel, draadtrek, tos, kierie kap, jou dolfyn waks…….) en al die name vir ‘n drankie (knertsie, dop, lange, lang koue een, ietsie kouds, brannas ens) en ook al die name vir borste (boobs, tiete, kanne, pramme, lelle, moemfies….).

Hoekom is dit net mans wat met hierdie kak opkom? Ek weet nie van vrouens wat soveel name het vir goed nie.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
3 comments

3 Comments so far

  1. Daan January 26th, 2009 12:08 pm

    As jy vir n poppie se: “Ek ga vir jou naai!”, dan weet sy jy gaan hom tot teen die ainies plant, en as jy vir ha se: “Ek gaan jou DOOD naai!” ,dan weet sy jy ga sommer bietjie “torque” terwyl hy geplant is!

  2. Worsbeursie January 26th, 2009 12:39 pm

    ‘n Ander ding van ‘Naai’ is dat mens nooit sê “Ons gaan naai” nie. “Ek gaan jou naai” is die meer gebruiklike een. Met ander woorde, dit is ‘n werkwoord en nie ‘n aktiwiteit nie. Die aksie (naai) word op ‘n persoon (meisie) toegepas, die naaier, naai die genaaide. Daar is min plek vir romanse, delikaatheid of vroulike orgasmes in daardie situasie. :D

  3. ou Toppie May 24th, 2009 10:36 am

    Hi daar
    Ek wille graag weet of daar vroue daar buite is wat sex geniet vir die plesier voel hulle soos ons mans oor seks dit is mos baie lekker en waar ont moet ‘’n mane so ‘’’n vrou word daar net gepraat oor seks of gebeer dit regtig
    Ou Toppie
    Van Alberton

Wat is jou gedagtes?