Die Metro polisie (professionele wegkruipertjie spelers van die staat) het, as jy nou nog nie gehoor het nie, groot kak aangejaag in Jo’burg. Hulle het so staking/afdag/kak-aanjaag sessie gehad waar hulle verkeer op die M2 hoofweg geblokkeer het. Toe die polisie (die genuine polisie, nie die blygemaakte spietkop dose nie) hulle kom wegjaag, ontaard dit toe in ‘n skietery. Die polisie met rubber koeëls en die spietkops hoerkinders met lewendige ‘ammo’.
Toe iemand vir Vincent Vena vra “Nou van van die misdaad?” antwoord hy volgens die Star koerant “Nobody will die on the road if traffic officers are not there” en “Whether we are on the streets or not, it won’t deter criminals from their wrongdoings”. Wat ek sê is, pre-fokken-sies! As julle dan geen effek het en duidelik nie gemis gaan word nie, hoekom fire ons nie die laaste een van julle useless bliksems sommer dadelik en spaar ‘n groot klomp geld, tyd, lewens en Prozac nie?
Daar is dalk ‘n enkele spietkop hier en daar wat sy werk doen, maar die donder weet, hulle is skaars. So skaars soos ‘n intelligente Mugabe aanhanger of nugter blou-bul ondersteuner op ‘n Saterdag middag.
Relevante Stukkies:



