Ek het gister met ‘n groep meisies gesels en op ‘n manier begin ons oor Steve Hofmeyr praat. Ek sê toe hoe irriteer daai Pampoen song my. Ek het darem bygelas ek weet dat ek die enigste Afrikaanssprekende is wat dink die liedjie blaas, groot tyd.
Hulle almal se konsensus was, “Jy is net jaloers”. Ek het natuurlik geantwoord met “WAT?! Jaloers op Steve Hofmeyr?”
Maar ek het nou lank daaroor gedink en hulle mag dalk reg wees. Hier is ‘n ou wat baie ouens se droom lewe lei, met roem en ‘n vreesaanjaende hoeveelheid onbeskermde seks (alhoewel hy sê hy is nou klaar met dit). Hy het al ernstig kak aangejaag soos jy blykbaar nou kan lees in sy outobiografie. Hy het nie VIGS nie, sy vrou het hom nie gelos nie (al was dit amper amper) en as jy iets verkeerd van hom sê voor ‘n groep meisies dink hulle jy is die vark in die verhaal.
Miskien is ek so bietjie jaloers. Ek sal net so 15% van die kak wil aanjaag wat hy het en met soveel styl wegkom daarmee.
Daai boek gaan bliksems baie kopieë verkoop.
Relevante Stukkies:



Oeg, ek kan SH nie voor my oe vedra nie. My ma en een van my ooms is rabid fans. As ek iets leliks van hom se, sit hulle net die tv/cd player harder. Plus, ek is a meisie, en Meneer Blou Ogies Search n Rescue Penis doen niks vir my nie. Blegh :~|
Ag dit is goed om te weet Zen. Ek het heel alleen begin voel. “Search ‘n Rescue Penis” is ‘n lekker lyn, ek gaan hom onthou. Wat van “Heat Seeking Moisture Missile”?
“Heat Seeking Moisture Missile” kan werk, maar daai ex-stukkie van hom lyk vir so droog soos die Vrystaat in ‘n slegte oes jaar :~\ Wat was haar naam, Janine of iets? Aag, hoe mis ek nou Die Son!
…en ek dog jy’s ‘n Kurt Darren fanboy! …oops, moes ek nie dit uitgelap het nie? Steve Hofmeyr is baas!
Ja, Kurt Darren, hy laaik homself genoeg vir almal van ons.