May 8
Steve Hofmeyr se dikderm.
Steve is beter julle! Hierbo is ‘n genuine foto van sy dikderm! As julle hand getekende kopieë wil hê kyk uit op e-bay.
Sy familie wil nie bekend maak in watter hospitaal hy is nie.
Hy is in die Wilgeheuwel hospitaal, saal C14, let op die koffie winkel net voor jy by die saal inloop. So selfs al loop jy dalk nie vir Steve raak nie, koop ‘n koffie en sê asseblief dat Snaaksgenoeg.co.za jou verwys het.
Ek hoop natuurlik dat elke dom drol wat die bogenoemde lees so bliksems opgewonde sal wees dat hy sy handsak gryp en hardloop vir die deur. Die koffie winkel gee my kommissie op elke koffie wat ek ‘verkoop’. ‘n Klomp 20 sente is ook geld.
Net so terloops as jy gewonder het wat de donder ‘n ‘Geperforeerde Dikderm’ is gaan kyk hier.
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?
