Stout ouers en slim kinders.

Ek het iets snaaks agter gekom. As enigiemand ‘n probleem het met, byvoorbeeld, sy drein, sal niemand snaaks dink as hy ‘n loodgieter bel nie. Sommige mense is glad trots op hul spesifieke tekortkominge. Gereeld hoor jy “Nee wat, wat ek weet van naaldwerk is gevaarlik” of “Ek kan nie eers ‘n stokmannetjie teken nie”. Sommige mense voel tot gemaklik om ander mense se swakhede uit te wys “My vrou sou nie kon kook teen gunpoint nie”.
Die snaakse ding wat ek agtergekom het is dat mense al hierdie dinge kan erken van hulself maar dat amper almal, as hulle hard moet dink, en absoluut eerlik moet wees, uitstekende ouers is. Daai ou met die kleuter wat soos ‘n apie aan die bank se tou afskortings swaai, vir almal sy half geknaagde tjoklit in sy mond wys en vingerverf met die tjoklit teen die teller se ruit? Hy glo dat hy net ‘n baie unieke kleuter gekry het, en dat jy presies dieselfde gedrag uit hom sou kry as dit jou bondeltjie satansaad was. Die feit dat hy sy klein stront met groot sorg en deursettingsvermoë geleer het dat nee nie nee is nie, en dat ‘n vloermoer, met genoeg vindingrykheid en intensiteit, enige ‘nee’ in ‘n ‘ja’ kan verander, het niks daarmee uit te waai nie. Sy klein derde wêreld oorlog in ‘n spiderman hemp het lankal geleer dat, met ‘n bietjie moeite en sorg, hy enigiets kan kry. As hy bv. een van die versoekings-rakkies langs die winkel se kassiere kan omtrek sal Pa selfs daai mislikke ou tannie se kostelike Chihuahua by haar afvat sodat hulle hom kan huis toe vat. Hulle leer ook vinnig die eerste wet van die Vloermoer Relatiwiteits Teorie nl. Die onmiddelike effek, op ‘n ouer, van ‘n vloermoer sal direk proporsioneel wees aan die hoeveelheid omstanders.
Met ander woorde, pa sal so skaam kry dat hy enigiets sal doen om my stil te kry.
Ek het nie ‘n oplossing hiervoor nie, maar ek het iets wat ek doen om my beter te laat voel. Ek het al my doodskyk verfyn tot ‘n kuns. Sodra die pa wegkyk, gluur ek die klein kak aan asof ek die duiwel self is. ‘n Ligte glimlag, sonder oë wat saam lag (dink Anthony Hopkins in Silence of the lambs) werk uitstekend. Dit is al hoe ek uit die tronk en koerante uitbly. MAN RAND PA EN SEUN AAN IN BANK TERWYL OMSTANDERS JUIG!

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

3 Responses to “Stout ouers en slim kinders.”

  1. lunanoir lunanoir says:

    HAHA ek het nou net op jou blog afgekom Mnr Beursie en ek is moerse impressed met jou common sense en humor. En die artikel het my laat dink aan my eie menings oor stoutgat kinnertjies ie hulle word net stouter en snottier al hoe jonger.

    Toe ek klein was en ek wou my ma of makliker my pa om my vinger draai het ek die vloermoerdery ding getraai… maar met my ma kan jy ‘n fok vergeet. sy het jou gou gou voor almal afgestof en dan is jy die een wat soos ‘n poepol lyk as jy loop en huil met snot op jou bo-lip. EN oh fokket as jy nie gou genoeg ophou nie kry jy nog… “iets om oor te huil”…

    en as ek trugdink kan ek eerlikwaar sê ek het nie baie pak gekry nie, maar die wat ek gekry het het ek verdien. sure sommige ouens ruk die dam onder die eend se gat uit wanner dit kom by kinners wetter, maar a little goes a loooong way. jy moet net weet hoe en wanner, en dis wat jou ‘n goeie ouer maak. jy is nie jou kind se maatjie nie. jy is jou kind se ouer. act like it ne?

  2. shana says:

    naaldwerk is gevaarlik, duidelik nie geweet waar my gedagtes op daardie oomblik heen is nie maar toe ek weer sien is die naaimasjien se naald regdeur my duim se nael ! hoe weird is dit ?

  3. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Eina bliksem! Regtig? O donder ek gril my dood vir jou part. Jou hande het die hoogste konsentrasie senuwees met die dikste vel in die hele lyf – kak kombinasie vir beserings. Ek hoop nie dit is te seer nie.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed