Ek het jare terug in ‘n boek gelees dat dit vir meeste mense onmoontlik is om in ‘grys’ te dink. Dit is ‘swart’, of ‘wit’. Met ander woorde, jy kan nie vir mense of dinge 7,6/10 gee nie, jy neig na 0/10, of 10/10, veral na ‘n verloop van tyd. Dit is presies hieroor dat dooie mense altyd perfek was. Selfs die negatiewe goed word goeie goed – “Jis maar Oupa kon vir jou ‘n bottel brandewyn kap, en hoe goed was sy linker ‘jab’ as hy gesuip was, of hoe Ouma?”. Ek wens ek kan onthou wat die boek se naam is, ek dink dit kan ‘Tipping point’ wees.
Ek het sedertdien al meer en meer agtergekom hoe waar dit is. Die ding met Eugene Terre’Blanche is ‘n goeie voorbeeld, en daar is honderde ander voorbeelde. Die grys manier van dink sou iets wees in die lyn van: ‘Eugene Terre’Blanche was ‘n intelligente man en goeie spreker, maar hy het vreemde idees gehad oor ras en politiek, en hy het baie min beheer gehad oor sy humeur’. Die ‘swart en wit’ manier van dink, kan dit nie doen nie. Meeste mense dink so: “Eugene was ‘n intelligente man en goeie spreker, dus stem ek saam met sy idees oor ras en politiek, en daai fokken petroljoggie het gekry wat hom toekom” of “Eugene het vreemde idees oor politiek en ras gehad en kon nie sy humeur beheer nie, so die fokken rassis het verdien om vermoor te word”.
Dit is natuurlik ‘n hartseer stand van sake, want die feit dat meeste van ons nie twee idees oor een ding in gedagte kan hou nie, maak ons baie maklik slagoffers van politikusse en ander gewetenlose fokkers.
Nog voorbeelde van hoe jy deur die ore gewerk word:
1. Ek haat Julius Malema. Helen Zille haat Julius Malema. Helen Zille is great. As Helen sê ek moet my onderlip oor my kop trek en myself versmoor, is dit ‘n moerse goeie idee. (Wat van: Helen is ‘n mislike ou bitch, maar ek laaik haar gedagtes oor Malema?
2. Bryan Habana is ‘n great rugbyspeler. Hy is dus ook ‘n wonderlike mens en kanse is goed hy is ook ‘n boffin as dit by persoonlike higiëne kom. As hy sê Protex seep is die beste ding ooit, dan moet dit wees. (Wat van: Bryan is ‘n wonderlike rugbyspeler, maar ek gaan aanhou seep probeer tot ek ‘n lekker een kry)
3. My eerste Volkswagen was ‘n lekker kar, behalwe vir die petrolpomp wat gekak het, die feit dat jy deur die passasiers kant moes inklim omdat die ander deure nie gewerk het nie, en hoe jy die clutch 3 keer moes pomp voor jy 3de rat kon kry (ek dink net in swart en wit, so ek moet besluit, of kak of great, so in plaas van 5,5 punte uit 10, gee ek hom of 0, of 10). Dit volg natuurlik dat alle Volkswagens goeie karre is, maak nie saak wat HelloPeter sê nie.
Nou ja, soos ek gesê het, meeste mense kan dit nie doen nie. Moenie sleg voel as jy een van hulle is nie. Mense gaan jou manipuleer, en ‘n klomp kak aan jou verkoop, en jy sal meer gereeld jou moer pluk vir goed, maar jy is ten minste nie alleen nie.
Geen.



er ek het in sielkunde op varsity geleer dat mense wat direk teenoorstaande gedagtes gelyk in hulle kop kan aanvaar as waar, is slightly af. weereens, moet nie alles glo wat hulle jou try leer nie… dink fokken vir jouself en as jy beide kante van ‘n storie kan sien en dink daar is waarde in altwee standpunte is dit ook maar ok. dit maak dit moeilik though om jou eie standpunt in te neem ne? lol