Sy het uitgesaai, en my mantenna was ingestel.

stoute_tannie

Nou die dag, toe ek op pad see toe bestuur het, het ek my gedagtes so bietjie laat vaar, soos mens maar doen op ‘n lang pad, en ek met ‘n nuwe woord vorendag gekom.

As jy ooit Deuce Bigalow gekyk het, sal jy onthou dat hulle na die manlike geslagsdeel verwys het as ‘Mangina’. Soos in ‘Vagina’ en ‘Man’ gemeng. Pleks van net ‘Penis’ sê. Dit was vir my snaaks en ek het skielik die woord ‘Mantenna’ in my kop gekry. Soos ‘antenna’, en ‘man’, gemeng. Daar sit ek toe in die kar en glimlag van oor tot oor soos die dorp-idioot by ‘n kerkbasaar.

Ek kry net nie die bliksemse woord uit my kop uit nie. Ek hou aan dink aan plekke om dit te gebruik. My gunsteling is om my stem so bietjie dieper en dromerig te maak (dink Fonnie van RSG) en dan te sê “O ja, sy saai uit………. en ek tel haar hard en duidelik op, op my mantenna”.

Die tannie hierbo saai byvoorbeeld uit op ‘n heel ander frekwensie, een wat my mantenna net nie by kan uitkom nie.

Nou weet jy ook van Mantenna, gebruik hom, ek het geen kopiereg op hom nie.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed