Gee my die eerste 100 biljoen in twintigs asseblief.
Bewys dat dagga met jou kop rondfok? Hierdie is ‘n goeie begin.
Hierdie trilwillem roker het probeer om ‘n tjekkie vir $360 000 000 000 te wissel by sy plaaslike bank. Hoe gerook moet jy wees om met hierdie kak idee vorendag te kom? Dit is die bruto binnelandse produk van Griekeland vir vark steaks! Bill Gates wens hy kan so tjek wissel. Ek wonder of hierdie ou gedink het aan hoe hy die lorrie vol note daar gaan uitkry?
Net vir die grap moes die bank saamgespeel het. Vat hom in die kluis in, wys hom al die pakke geld en vra hom of hy tevrede sal wees met net die eerste $2 000 000 totdat hulle die res kan bymekaar skraap.
‘Gaan groot of gaan huis toe’ is ‘n ou gesegde, maar soos baie gesegdes (‘n voël in die hand is beter as ‘n steek in die bos om een te noem) is dit eintlik net ‘n goeie idee op papier maar uiters kak in die praktyk. Soveel te meer as jy lekker gerook op jou gat voor die televisie sit en stront uitdink om jou luilekker leefwyse vir ewig te kan voortsit.
No comments‘n Large Regina en ‘n medium pappegaai-slaai asseblief
“Almal moet gerook raak” sê Johannes Kerkorrel. Aaron Massey van Pizza-Hut het ook so gedink en as jy jou daaglikse rondkyk-twak wou koop hoef jy net deur die ‘drive-thru’ gery het. Tot die polisie daai kak gestop het. Dit was natuurlik moerse gerieflik vir die plaaslike rokers en ek is seker hy het meer pizzas verkoop want as jy die munchies kry is daar nie keer aan nie. So hoor ek in elk geval.
Ek wonder of jy gevra het vir “ekstra, ekstra origanum” en jou oë so bietjie groter gerek het as jy dit sê?
Ek is tog van die opinie dat ‘n ou dit nie moet doen nie. Want waar trek jy nou die lyn? “Ek sal ‘n large McFeast meal en die small McMariuana vat asseblief”. “Gee my die Streetwise two, ‘n Tik lollie en ‘n Coke, nee, nie die Coca-Cola nie COKE!”
Nee wat, as jy faktap genoeg is om dwelms te gebruik verdien jy om in die donker stegies van Sodom rond te sluip op soek na jou handelaar en moontlik ‘n lelike bende verkragting. Die take-away plekke is vir ons ordentlike ouens, voetsek!
2 comments

