Posts Tagged ‘jacob zuma’

Ek en Julius Malema stem saam oor iets!

Julius Malema en die ANCYL glo dat dit ‘n verleentheid sou wees om ‘n president te hê wat tereg staan op aanklagte van korrupsie. Ek het nooit gedink ek sou met die kwaskop saamstem nie, maar ek doen. Ja Julius dit sal, om dit ligtelik te stel, ‘n verleentheid wees. Amper so groot verleentheid soos [...]

Ironie, die ANC mag maar (2)

Toe ‘n regter Thabo Mbeki daarvan beskuldig het dat hy ingemeng het in Jacob Zuma se vervolging, het al die pro-Zuma ouens met skuim om hul monde geskree “Vat hom weg! FIRE hom! Ons kan onmoontlik nie wag vir 6 maande nie!” Nou dat daar sprake is van ‘n wegbreek party sê presies dieselfde ouens [...]

Ironie, die ANC mag maar.

Toe arme oom Jacob Zuma deur Thabo Mbeki in die pad gesteek is, het al sy tjomme heeltemal Afghan gegaan. “Hy is nie eers direk betrokke by die Shabir Shaik hofsaak nie!” het hulle geskree. “Hy word net ge-blerrie-noem” het hulle gepleit “dit is nie dieselfde as skuldig nie!”. Thabo is nou in die pad [...]

Zapiro sê nie jammer nie, want hy is nie

Oom Jacob en sy trawante wil mos hê Zapiro moet jammer sê oor die spotprentjie wat in die Sunday Times verskyn het. Nou het hy gesê hy gaan nie jammer sê nie. Mooi so Zapiro! Ek dink die bietjie stadiger ouens sukkel hulle gatte af om ‘Cartoons’ te verstaan. Hulle sê byvoorbeeld hy word uitgebeeld [...]