Rolmodelle is ‘n kak idee

November 17th, 2009 | Category: Uncategorized

Joost-cover-300_jpg_300x1000_q85

Die tydskrifte soos Heat en Huisgenoot, het die afgelope jaar permanente semi-ereksies. Waar het jy nou al ooit sulke sappige, sexy, kom-hier-jou-lekker-ding stories soos Joost, Jurie, Robbie Clay en Steve Hofmeyr gekry?

Weet jy waar kom die hele kinkel in die kabel in? Weet jy hoekom is hierdie stories sensasioneel? Ek sal jou sê hoekom: Ons maak van normale mense, en sub-normale mense, iets meer as wat hulle is. Hoekom sal enigiemand enige waarde heg aan iets wat Tom Cruise sê byvoorbeeld? Hy is ‘n mens, wat maak of hy ander mense is, vir geld. Hulle (die mense wie hy naboots) is soms interessante mense, soms intelligent, soms nie (dink bietjie aan Maverick van Top Gun), maar HY MAAK NET OF HY DAAI MENS IS! Mens noem dit toneelspel, dit is wat akteurs doen. Op een of ander manier, kom daar ‘n kortsluiting in die gemiddelde mens se brein, wat maak dat hy dink “Ek ken daai ou se gesig, dus moet hy belangrik en slim wees, ek moet luister wat hy sê. Ek sal nogal cool lyk in so v-nek trui soos syne”.

In Joost se geval sou ek die hele konsternasie verstaan het as hy bekend geraak het as ‘n pastoor, of vir sy humanitêre werk in Darfur of iets. Ons het, soos gewoonlik, iemand wat rugby verstaan, en ongelooflike instink het vir die spel, begin aansien vir ‘n ongelooflike mens, en die twee het fokol met mekaar te doen nie.

Dit slaan my stom dat mense nog geskok kan wees oor die kak wat Steve Hofmeyr aanjaag. Na die eerste paar buite-egtelike kinders sou mens dink dat die boodskap sou begin in sink. Steve lyk vir my na ‘n intelligente mens, en sy album verkope dui op talent, maar hy is duidelik nutteloos as dit kom by monogamie. Die frustrerende ding is, as Steve ‘n boek sou skryf genaamd Die Huwelik: Steve deel sy geheime vir geluk, sou die boek uitstekend verkoop. Dit is eenvoudig vir mense onmoontlik om Steve se musiek te luister, maar ‘n dowe te gooi vir enige opinies wat hy het oor onderwerpe waarvan hy duidelik fokol weet nie.

Die gemiddelde mens is net te deur die kak om die onderskeid te tref tussen ‘bekend’ en ‘iemand wie se opinie belangrik is’.

2 comments

Kaal foto van Joost of nie?

April 03rd, 2009 | Category: Glo jy die kak?

image0011

Ek het hierdie foto sopas gekry in my e-pos. Die persoon wat hom gestuur het sê hy weet nie of dit Joost is nie want jy kan nie sy gesig mooi sien nie en ook nie sien wat hy snuif nie.

Ek sê dit is net te toevallig dat daai blou balle so duidelik gesien kan word en dit is algemene kennis dat Joost vir die Blou Balle gespeel het.

1 comment

Arme Joost van der Westhuizen

February 16th, 2009 | Category: Uncategorized

joost

Ek praat nou van die seksvideo waarin Joost na bewering verskyn. Hy sê dit is nie hy in die video nie. Hy sê ook “My hart is by die Here.”

Ek het nog nie die video gesien nie, en Rapport is omtrent so geloofwaardig soos ‘n tweede-handse karverkoper met dobbelskuld, so dit is dalk regtig nie hy nie.

Ek hoop so vir Joost, want hierdie gaan groot kak wees.

Ek het nou klaar in die kommentaar op van die artikels ‘n patroon begin bespeur. “Is dit nou wat Christene doen?” “Ja jong, tipies, Jimmy Swaggart se hart was ook by die Here”. Weereens kom dit vir my neer op ‘n kwessie van kak advertensie. As jy iemand gaan adverteer, hetsy dit Afrikaners, Christene, Gays of Pottebakkers is, MOET jy besef dat mense wat nie van Pottebakkers hou nie, elke foutjie wat jy maak, en elke lyntjie ‘coke’ wat jy snuif teen jou EN teen Pottebakkers gaan hou.

Jy moet of stillerig wees oor die feit dat jy ‘n pottebakker is, of as jy die windgat, soek-die-kollig tipe pottebakker gaan wees met ‘n vrou wat in elke tweede Sarie en Rooi-Rose verskyn, moet jy doodseker maak jy is fokken onberispelik. Hoe meer windgat jy oor die hele pottebakker ding is, hoe meer skade gaan jy onskuldige pottebakkers aandoen die dag wat al jou kak op die lappe kom.

Ek wens die Blou Bulle wil ophou om kruisies met hulle vingers in die lug, op hul harte en op die veld te maak, op hul kniee neerslaan en gebede opstuur na elke drie, strafskop en vryskop. Dit is hulle absolute reg, en ek sou absoluut bebliksemd wees as hulle ooit ‘n reël probeer maak daaroor, maar rugbyspelers is oor die algemeen stout fokkers met min verantwoordelikheid en ‘n klein besef van nagevolge, nie die ideale Christelike ‘Public Relations’ mense nie.

5 comments