Ons onderbreek Noot vir Noot……….er……want ons kan.
Gisteraand roep my vrou my opgewonde maar gespanne nader aan die tv. “Hulle het nou Noot vir Noot onderbreek met Breaking News“. Daar is ‘n duisend kamera flitse wat afgaan, daar is ‘n tros mikrofone, asof hulle in die store gaan krap het vir nog, elke radio en tv stasie is op ’stand-by’.
Toe sê ‘n deurmekaar swart omie van agter die mikrofone, asof hy nou wakker geword het en die hele ding vir hom net so groot verrassing is soos vir al die kykers “Nee, ek weet nie wat soek julle nie…….um………….. ek en my tjomme gaan nou eers uitvind waaroor ons moet gesels, en errrrrr…………………dan kan ons julle laat weet as ons nog gaan praat. Fokof nou, dit is laat en ek het klaar my slippers aan.”**
My vrou was hoogs die bliksem in. Sy is MAL oor Noot vir Noot en ek sal haar en Johan Stemmet nie alleen saam los nie. Ek dink dit is daai naby aan mekaar skrefies oë en die aangeplakte glimlag wat mens gewoonlik assossieer met seks ‘freaks’.
Ek was die bliksem in want hulle het my amper gehad met die “important message” ding, bliksems.
*Hierdie is van ‘n heel snaakse artikeltjie oor ‘n NASA nuus konferensie wat hier verskyn.
**’n Baie, baie los vertaling.
No commentsDit is Mbeki, nie ‘Himbaykey’ nie!
Ek kry baie grap e-posse waar daar gespot word met swart mense se uitspraak van Afrikaans en Engels. Veral Engels. Die gesegde lui:”People in glass houses………have great suntans” nee, dit was ‘n grappie, “People in glass houses……..grow great weed”, nee ook nie. Die punt is dat jy nie te hard vir iemand anders moet lag as jy gereeld ‘Imbêkie’ sê in plaas van Mbeki nie, en ‘Inslapoe’ in plaas van Nhlapo nie. En dit is Xhosa met die suig klap geluid soos om ‘n perd aan te por, nie ‘Kosa’ nie. Kan jy sê ‘Umqomboti’? Nou mar shatap!
As Helen Zille en Adriaan Cruywagen dit kan doen, kan jy. Nee dalk nie. Jy is dalk regtig te onnosel en onopgevoed om dit te kan doen, toemaar daar is duisende net soos jy.
Voor ek te vêr weggevoer word moet ek sê dat ek self al lekker gelag het vir sekere uitsprake. So paar jaar terug het almal gepraat van ‘The First Dickhead of Democracy’ en ek het aangeneem dit is Robert Mugabe maar toe later besef hulle bedoel dekade, soos in tien jaar.
‘n Ruk terug het iemand op TV opgemerk dat die proses deur al die ‘Tyres’ van die regering sal voortgaan. Ek moes lekker lank dink om te besef hy bedoel ‘Tiers’ (uitgespreek soos ‘Tears’) en dit is dan soos vlakke of range van die regering en dit het duidelik niks te doen met Yokohama of Dunlop nie.
Eintlik is die hele punt van hierdie gebabbel dat jy maar lekker kan lag vir ander mense maar jy moet nooit voel of jy ‘n beter mens is omdat jy jou eie taal reg kan praat nie.
Ek het lank terug so bietjie Zulu geleer en vir ‘n Zulu kollega, ewe trots, opgemerk “Ngibhema i-peepee” waarop hy my vinnig stilgemaak het en laat weet het dit word gesê “Pypie” nie “Piepie” nie. “You just said that you smoke penis, not pipe”.
Foto hier gekry.
No comments

