Posts Tagged ‘ongeluk’

Al weer daai bliksemse fietsryers!

Gaan lees hierdie tragiese verhaal. Lees veral die kommentaar op die artikel. 99% van hulle hou nie van fietsryers nie, en glo hulle ry soos bobbejane. So 10% van hulle klink eintlik sommer net moorddadig. Paar goed wat my opgeval het was 1. Die twee middelste fietsryers is getref deur ‘n lorrie. Hoe bliksems vêr [...]

Voëls vlieg in vliegtuig vas? Aag kak man!

Ek praat nou van die vliegtuig wat meesterlik in die Hudson rivier ‘geland‘ is. Hier is hulle nou besig om die ding uit die rivier te probeer haal. Ek het ‘n probleem met die volgende stelling in daai tweede artikel: “He was widely praised for his skill in bringing down the stricken plane after both [...]

Ek het julle gesê bootmense is poepholle

Ek het so ruk terug gesê hoe min tyd ek het vir bootmense. Hulle is die ergste tipe tappets, naamlik tappits met geld. Jy moes nou al gehoor het van die ongeluk op die Vaalrivier waar ‘n dom dronk bootpoephol in een van daai ‘barges’ vas gery het wat mense gebruik vir maatskappy ‘sundowner cruises’ [...]

Skelm sodomiseer homself per abuis met ‘n ‘palisade’ heining

Gaan loer gou hier. Ek het nou die dag ‘n nuwe woord geleer, ‘schadenfreude’. Dit is ‘n duitse woord, wat aanvaarbaar in Engels en Afrikaans gebruik kan word wat beteken ‘om vreugde uit ‘n ander se ongeluk te put’. Ek het soveel schadenfreude as ek na hierdie foto’s kyk dat ek lighoofdig raak.

Bejaardes se bestuurs’vernuf’

Daar is ‘n ouderdom waar jy tot die besef kom dat jy enigiets wat jy wil kan aanjaag agter ‘n stuurwiel, solank jy dit moer stadig doen. Of dit ‘n U-draai op ‘n hoofweg is, of bane wissel sonder flikkers of selfs van die oprit van ‘n hoofweg af reguit in die middelbaan in beweeg. [...]