Ek praat nou van die seksvideo waarin Joost na bewering verskyn. Hy sê dit is nie hy in die video nie. Hy sê ook “My hart is by die Here.” Ek het nog nie die video gesien nie, en Rapport is omtrent so geloofwaardig soos ‘n tweede-handse karverkoper met dobbelskuld, so dit is dalk regtig [...]
Posts Tagged ‘rugby’
Klein drol!
My pa het gesê julle moet met my speel! Hy sê ek kan speel en as hy so sê dan is dit so want my pa is ‘n held. As julle nie saam met my wil speel of eet of stort nie dan gan ek OP MY TRUI KOTS! WHAAAAAAAH! I don’t hate Afrikaners, says [...]
Bokke te wit, en boeremusiek orkeste?
Ek het gister weer ‘n koerant opskrif gelees oor iemand wat kla oor die Bokke wat te ‘wit’ is. Wat van boeremusiek orkeste? Gaan kyk net hier, nie een swart gesig in sig nie. Net soos rugby is boeremusiek, veral gedurende die apartheidsjare, van ons jong swart bevolking weerhou. Terwyl jong wit seuns gedroom het [...]
Die rugby TMO en hoe om hom te misbruik
In die Blou Bulle, Sharks game het die TV ref 30 minute geneem om ‘n verskeidenheid onnodige beslissings te maak. Nou’s almal kwaad vir die TV ref, of vir die skeidsregter. Ek vermoed die spelers het agter gekom dat Fortuin enige stront na die TMO verwys en begin om kak op te maak sodat hulle [...]
Stuart Dickinson suig, selfs Wikipedia sê so.
Gaan kyk vinnig want hulle gaan dit afhaal. Hulle moenie, want dit is waar, maar hulle gaan. Wikipedia, en ons weet als in Wikipedia is waar, sê ook dat Stuart Dickinson blind en bevooroordeeld is. Ons het dit al lank geweet maar nou kan ons dit uit ‘n ensiklopedie aanhaal.

