Snaaksgenoeg, ons weet self nie.
Ek kry gereeld snaakse foto’s in my indoos, maar elke nou en dan kry ek iets spesiaals. Iets wat nie net snaaks is nie, maar werklik vreemd en aangrypend. Wat de bliksem gaan hier aan?
Is dit ‘n Boksburg braai wat skeef geloop het? Is dit die begin van ‘n vreeslike ‘fetish’ blou movie? Is dit dalk Al Qaeda se antwoord op die vernederende foto’s wat die Amerikaners geneem het van hulle ‘krygsgevangenes’? As dit is, het hulle hierdie rondte gewen.
Die ou regs lyk moerse verveeld. Sy uitdrukking en lyftaal se: “Hier gaan ons al fokken weer”. So dit is dalk ‘n gereelde ding. Elke Saterdag middag kry die drie mekaar dalk by Kallie se huis, Gert in sy blou ‘tights’ en Wilna in haar onderklere. “Die keer steek ek die fakkel aan!” se Gert, “Ek is moeg vir ‘dress rehearsals’, die keer is dit ‘for real’!”.
No commentsBucket List, wat ‘n lekker fliek.
Ek het gister Bucket List gekyk. Dit is nou die fliek met Jack Nicholson en Morgan Freeman wat die hoofrolle vertolk van ‘n hoogs onwaarskynlike vriendskap wat ontwikkel tussen twee ouens wat weet hulle gaan die emmer skop, en nou ‘n lys van goed wat hulle wil doen voor dit gebeur, deurwerk.
Die voorskou is so liggies misleidend, want dit lyk soos ‘n lawwe, lag jou gat af fliek met twee ou ballies wat resies jaag en valskerm spring.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit is baie snaaks, maar die fliek het heelwat meer diepte en siel as net dit.
Behalwe die uitstekende toneelspel, waar albei hoofrolle hulle skoene behoorlik volstaan, is dit ‘n filosofiese, soms hartseer fliek wat jou laat dink aan jou eie lewe en of jy hom behoorlik leef.
Die fliek doen al hierdie wonderlike dinge sonder om soetsappig en sentimenteel te raak.
As daar iets is wat ek nie kan vat nie, is dit ‘n fliek wat jou forseer om iets te voel. Wat elke druppel tragedie en drama uit ‘n ding wil mergel omdat die regisseur dink jy is te fokken onnosel om dit te snap. Bucket List kry dit reg om net die storie uitstekend te vertel en die gevoelens aan jou oor te laat.
Ek gee die fliek 5 uit 5 punte omdat hy my vermaak het vir ‘n uur en ‘n half sonder om my intelligensie te onderskat.
1 commentMumbai is ‘n kak plek, maar moenie dit sê nie!
Hier gekry.
Die Amerikaanse konsulaat in Mumbai het op hulle website mense gewaarsku om op te pas vir oop ‘manholes’ wat werkers oop los as die monsoon reëns kom.
Maar die Mumbai munisipaliteit het amper in hulle broeke gebollie. Hulle probleem is blykbaar nie dat dit onwaar is nie maar dat dit die stad in ‘n swak lig plaas. Ha ha ha….
Met ander woorde “Ja, ons weet jy kan in ‘n ‘manhole’ in val en dat die werkers dit ooplos maar dit is onnodig om dit vir mense te sê! Anyway, soms word hulle gemerk met boomtakke!”
1 commentWat Google jy jou frats!?
Ek kan met Google se plug-in, Analytics, sien watter terme mense gebruik het om by Waddefok uit te kom.
Laat ek nou vir jou sê, daar is ‘n paar vreemde kalante daar buite!
Hier is so paar van my ‘gunstelinge’:
1. Geperforeerde dikderm: Hierdie is die mees populêre search-term wat gebruik is, behalwe ‘Waddefok’ self. Dit was eintlik omdat arme Steve Hofmeyr aan ‘n geperforeerde dikderm gely het en natuurlik wou almal uitvind (a) wat dit is, en (b) of Steve oraait is.
2. Moffies bliksem: Daar was al ses (ja ses!) ‘searches’ gedoen vir ‘moffies bliksem’. Wat de donder sou jy voor soek as jy in tik ‘moffies bliksem’!? Soek jy ‘n ‘how to’ gids? Wil jy by ‘n club aansluit? Is jy in kinky goed soos harde homoseksuele dissipline tipe S&M in? Nie een van daai goed sal jy op Waddefok kry nie so as dit jy is fokof! Ons soek nie jou tipe ‘closet case’ homo fobiese stront hier nie. As jy ‘out and proud’ is, welkom, as jy straight en Afrikaans, baie welkom.
3. Kak: Ja, net die een woordjie, ‘kak’. Wel, as jy vir kak soek, gaan jy dit op Waddefok kry! Welkom vir jou en geniet die kak, maar moet dit nie vir ‘n oomblik glo nie!
4. Demokrasie: Dit is ook ‘n interessante een want dit kan enigiemand van geheime gesoekte terroris tot politieke student wees wat dit ge-Google het. Dit kon selfs Robert Mugabe wees wat wil sien waddefok almal so aangaan oor die nuwe ‘Demokrasie’ ding en of dit dalk die moeite werd is om ‘n ‘go’ te gee.
5. Bybel: Dit verbaas my nie in die minste dat mense ‘Bybel’ Google nie. Daar is ‘n gratis Bybel aanlyn genaamd Netbible, daar is ook die dagga boer se bybel. Wat wel die hel uit my uit verbaas is dat iemand wat ‘Bybel’ Google sal ‘click’ op ‘n ‘link’ met die naam ‘WADDEFOK, Glo jy die kak?’. Ek vermoed daar is meer mense wat na die tweede Bybel soek as die eerste een.
6. Erdwurm: Waddefok?
7. Piele: Dit kan in die Afrikaanse styl bedoel word soos “Jislaaik daai Pierre Spies is ‘n piele speler!” en dan kan dit natuurlik ‘n stoute sekretaresse gewees het wie se baas uit die kantoor is (ek hou van die een, ek kan haar sien met haar besigheidspakkie en daai knie lengte pantyhose) of dit kan natuurlik ‘n sweterige ou vuil bliksem wees wat sit en jags raak terwyl hy ander ouens se swingels beloer.
8. Aan my ou ons is swanger: Dit is loshande die vreemdste, interessantste mees senutergende ‘search term’ wat al by Waddefok uitgekom het! Wie is jy? Is jy swanger en weet nie hoe om jou ou te sê nie? Het jy gesoek vir raad en advies? Dalk ‘n Hallmark kaartjie wat die woorde bevat? Fokkit, ek kan jou nie sê hoe ek al gesit en dink het oor die een nie. As jy dalk weer kom draai by Waddefok, sê vir jou ou, sê vir jou ouers! Hulle kan dalk die bliksem in wees vir ‘n ruk maar hulle sal oor dit kom en jy het al die hulp nodig wat jy kan kry. En moenie met die klein sperm-skenkertjie trou as hy ‘n poephol is nie. Hy was te deur die kak, lui of onverantwoordelik om ‘n kondoom te koop, wat laat jou dink hy kan ‘n pa wees?
Ek sal weer so ‘n ‘post’ doen as ek nog sulke vreemde ‘hits’ kry. Dit is bliksems interessant.
2 comments




