Net Jacob’s koffie vir my asseblief, ek’s ‘n snob

October 03rd, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

Ek raak so geïrriteerd met mense wat snobs is oor die kits koffie wat hulle drink. “O nee, net Nescafe Select Super Deep Roasted Platinum Edition vir my dankie”.

As jy regtig so fynproewer was sou jy besef het dat net gefiltreerde koffie of espresso kan klassifiseer as koffie. Die hele idee van kits koffie is dat jy iets wat amper soos regte koffie proe kan maak binne ‘n minuut. As dit regtig so asemrowend was sou koffie winkels mos lankal al net poeier gebruik het?

Dit is soos om te sê jy is ‘n sportmotor entoesias en dat jou ge-dropte Opel Astra met die turbo in al is waarin jy gesien sal word. Daar is niks fout met jou kar nie, en hy kan dalk ‘n M3 laat lyk of hy parkering soek, maar jy moet tog weet van Lamborghini, Ferrari, Aston Martin en Spyker? Ja, daar is regtig ‘n Spyker.

So, ek sê nie daar is fout met kits koffie nie, ek drink self baie daarvan, maar ek gaan my lyf nie fynproewer hou omdat ek net Jacob’s se R300 ‘n bottel Extra Superior Diamond Moroccan Full Roasted With a Cherry on Top drink, wat kakkerig proe na ‘n koppie regte espresso nie.

9 comments

Pasop vir seksdwelms, en seks en dwelms.

May 27th, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

Die Kanadese Gesondheidsraad het ‘n waarskuwing uitgereik oor die magdom (en ek kry genoeg ’spam’ oor die kak) seksdwelms wat op Viagra se sukses ry.

Van die goed het lelike ’side-effects’ soos hartkloppings, lae bloeddruk, voetskimmel en borspyne.

Die groot fokop is natuurlik dat as jy vir sekere mans sê “Pasop, jy gaan hartkloppings, voetskimmel, lae bloeddruk, hoofpyn, naarheid en borspyne kry, maar jy kan blou-movie tipe seks hê ‘n half-uur lank selfs met jou onwillige ou peestertjie”, dan gaan meeste van hulle vra “Waar sê jy koop ek die goed?”.

Elke lae bliksem wat die stront verkoop is deeglik bewus van die feit dat ouens hulle ouma sal verkoop vir ‘n lekker spyker en ry daai feit al die pad bank toe.

Ek dink die probleem kom in dat mans baie selektief is met hulle kritiese denke. As ons ‘n James Bond movie kyk dan dink ons heeltyd goed soos “Aag kak man, jy kan nie vlieg met so klein valskermpie nie” of “Jy kan sien daar is ‘n ramp neergesit voor daai bus, dis al hoe jy so hoog met ‘n motorfiets kan ramp” en so voorts. Maar kyk nou ‘n blou-movie en ons verloor alle objektiewe denke. “Jislaaik! Daai ou spyker vier girls in ‘n ry sonder om moeg, slap of seer te raak! Ek wens my vrou was so flippen jags soos daai vier!”.

Dit hang seker maar af van hoe graag jy wil glo iets is waar. Probeer tog in gedagte hou dit is ‘n hoop stomende kak! Ek glo nie die kak nie, glo jy die kak?

2 comments