Chris Rock maak rassistiese grappe, en ek lag my gat af.

June 10th, 2008 | Category: Wat ek gedink het

Ek en Trilwillem het Sondag na Chris Rock se laaste show op die Suid-Afrikaanse toer gaan kyk.

Ek het my gat af gelag.

Dit was ongelooflik om te sien dat nie een demografiese groep sterk verteenwoordig was nie. Daar was van ge-dreadlock-de wit studente tot swart huisvroue. Daar was van kleurling daggarokers (langs my) tot ‘n ma en haar seun (ander kant langs Trilwillem).

Ek dink die gebrek aan een groep van mense is te wyte aan Chris Rock se styl van komedie en persoonlikheid. Dit is wonderlik om ‘n swart man te sien wat trots is daarop om swart te wees en skaam kry en kwaad raak vir die kak wat ander swart mense kan aanjaag (net soos ek skaam kry vir vêr regse, brandewyn drinker, bebaarde dose wat die ou SA vlag na ‘n Bok van Blerk konsert toe vat). Hy spot met wit ouens, maar ek het nie een keer ‘n swartgalligheid opgetel nie. Hy het ‘n moerse probleem met die verkrampte oor-polities korrekte stront wat nou, meer as ooit, die rondte doen. Hy sê goed wat ons almal weet maar nie mag sê nie.

In kort, ek was baie beïndruk. Met die komedie en met die Chris self.

As jy kan, koop ‘n dvd en moenie net die goed op Youtube kyk nie. Dit is die moeite werd.

Een waarskuwing, moenie Chris Rock saam met jou ma kyk nie, jy gaan jou fokken doodskaam. Soos die arme outjie langs my die harde manier uitgevind het.

No comments

Yemen, Waddefok!?

April 16th, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

Volgende keer as iemand weer kla oor hoe die Suid Afrika so derde wêreld en agterlik is, lag in sy gesig en noem hom ‘n poephol. Tensy hy natuurlik ‘n steroids deurweekte kragapie is wat heeldag kakpraat oor ‘supplements’ en hoenderborsies. Dan noem jy hom ‘Meneer’ en lag agter sy rug want hy weet nie wat derde wêreld beteken nie.

As jou buurman vergoed word vir die feit dat hy sy 8 (ja, agt!) jarige bruid moet prysgee dan weet jy jy is in die derde wêreld pappie. Jy is in die donker gatgleuf van hierdie natgeswete wêreld.

Kyk bietjie hierna:
http://www.reuters.com/article/oddlyEnoughNews/idUSL1515757520080415?feedType=RSS&feedName=oddlyEnoughNews

Ek wil nog altyd glo daar is iets soos ‘n universele wet van ordentlikheid, soos ‘n tipe van ‘n ongeskrewe wet dat sekere goed net nie gefokken doen word nie. ‘n “As jy my nie gaarmaak en op eet nie dan los ek jou ook uit” tipe van wet. ‘n Agt jarige bruid vir Vark Steaks! Sies! Dan voel jy so ingedoen as hulle haar wegvat dat jy skade vergoeding aanvaar! Pleks dat jy van skaamte doodgaan dat jy gevang is vir die pedofiel wat jy is.

Weet hierdie kakiebos in die menslike blommetuin wat doen hulle met ouens soos hy in die tronk? “Patta patta up the exhaust” om vir Willie Esterhuizen aan te haal. En ek kan nie sê ek maak beswaar nie. Dit sal ongelooflik moeilik wees om die kwaskop te bejammer!

Maar nou loop hy vry met so paar skille ekstra in die sak.

As ek in karma geglo het sou ek ‘n wye sirkel om hierdie ou geloop het. Van hom gaan daar net ‘n smeulende stink krater agterbly.

No comments