Ironie, die ANC mag maar (2)
Toe ‘n regter Thabo Mbeki daarvan beskuldig het dat hy ingemeng het in Jacob Zuma se vervolging, het al die pro-Zuma ouens met skuim om hul monde geskree “Vat hom weg! FIRE hom! Ons kan onmoontlik nie wag vir 6 maande nie!”
Nou dat daar sprake is van ‘n wegbreek party sê presies dieselfde ouens “Ons moet nie oorhaastig wees nie. Hierdie tipe ding moet goed deurdink word. Ons soek kalmte, en oorhaastigheid sal ‘n fout wees”.
No commentsIronie, die ANC mag maar.
Toe arme oom Jacob Zuma deur Thabo Mbeki in die pad gesteek is, het al sy tjomme heeltemal Afghan gegaan. “Hy is nie eers direk betrokke by die Shabir Shaik hofsaak nie!” het hulle geskree. “Hy word net ge-blerrie-noem” het hulle gepleit “dit is nie dieselfde as skuldig nie!”.
Thabo is nou in die pad gesteek (en sommer deur die ore ook) omdat hy genoem word in ‘n hof uitspraak waarby hy nie direk betrokke is nie.
No commentsUiteindelik, harde woorde vir Mugabe van Mbeki af!
Uiteindelik het Pres Thabo ‘I can’t comment on that’ Mbeki ‘n harde lyn teen sy vriend en kameraad, Bob Mugabe ingeneem.
Hy is aangehaal deur SAPA nuus agentskap om te sê: “I would hope that that leadership would still be open to a process which would result in them coming to some agreement about what happens to their country,”
Wel daar het jy dit nou Bob Mugabe! Kry vir jou! Ons president is uiteindelik afgepis. Ons het almal geweet jou veldtog van geweld en minagting van die demokratiese proses kan nie lank hou nie. Doos!
No comments


