Bejaardes se bestuurs’vernuf’

September 04th, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

James Hylton 1966 Nascar Rookie of the year

Daar is ‘n ouderdom waar jy tot die besef kom dat jy enigiets wat jy wil kan aanjaag agter ‘n stuurwiel, solank jy dit moer stadig doen. Of dit ‘n U-draai op ‘n hoofweg is, of bane wissel sonder flikkers of selfs van die oprit van ‘n hoofweg af reguit in die middelbaan in beweeg. Ek vermoed daai ouderdom is so 70. Maar dit verskil van persoon tot persoon, want die 80 jarige heks wat vanoggend voor my in gery het met ‘n sigaret in een hand was gefokus genoeg om, met die ander hand, aan te dui dat sy nie my toeter waardeer nie.

Ek neem aan dat die gedagte in die bejaarde waaghals se kop is ‘Hulle het mos beter oë, reflekse en brieke as ek’. Wat dalk sin maak, want ek sien hulle baie min in regte ongelukke. Amper-amper agt kar ketting botsings sien ek baie, maar nooit ‘n ‘genuine’ ongeluk nie. Wat ek wel sien is jong mans van so 20 jaar oud wat langs hulle wrakke staan en versekerings details uitruil.

Nog ‘n ding is ou mense se onverklaarbare verslaafdheid aan die middel baan van ‘n hoofweg. Hulle klim op die hoofweg en ry reguit na daai oase wat die middel baan is. Met determinasie wat lyk na selfmoord neigings soek hulle daai middel baan uit, en bly in hom en ry 80 km/h ‘come hell or high water’. Al wat hulle uit daai baan uit kan kry is kern-oorlog of hulle afrit.

Moet ook nie vir my probeer sê daai flikker wat vir 40 km vêr aan bly is vergeetagtigheid nie. Dit is om die mense rondom hulle op hulle tone te hou. ‘Gaan hy draai? Gaan hy nie draai nie? Het hy vergeet of het hy dalk ‘n hartaanval agter die stuur gehad en sy wheel allignment is net blerrie goed?’

5 comments

Boetes, Waddefok!?

April 27th, 2008 | Category: Filosofiese Snaaksgenoeg

“Ma, kan prostitute babas hê?”

“Natuurlik my seun. Waar dink jy kom spietkops vandaan?”

Dit is natuurlik ‘n grap.

Ons almal weet prostitute se kinders word almal prokureurs en politikusse.

Wat ek eintlik oor wil kla is blerrie boetes! Dit is die mees onregverdige bliksemse stelsel in hierdie land van ons. Oraait miskien nie, maar hy is moer hoog op die lys.

My probleem daarmee is dat daar ryk bliksems is wat net mooi fokol omgee hoe vinnig hulle ry nie want hulle sien nooit eers die blerrie boete nie. Hulle het ‘n persoonlike assistent met lekker bene en kort rokkies wat teken regte het op die tjekboek, en nie eers die baas meer pla met sulke onbenullighede nie.

R1000 boete vir daai ou beteken minder as om te stem in Zim, maar ‘n R1000 boete vir my is blerrie taai man!

Hier is my voorstel:

Ons vervang alle verkeersboetes met lyfstraf. As jy gevang word kak aanjaag dan sak jy vir ses! Verkeersbeamptes sal ‘n rottang in hulle kattebak rondry en opgelei wees in lyfstraf tegniek. Die straf sal onmiddelik toegedien word met die beskuldigde wat buk oor die verkeersbeampte se enjinkap.

Ek sal versigtig wees hoe en waar ek ry, maar ek sal my pak vat soos ‘n man. Wat ek nie kan wag om te sien nie is daai ryk windgat drol in sy Pajero/Hummer wat met sy baadjie opgetrek langs die pad staan. Gebuk oor die spietkop se kar wag hy vir die eerste van daai ses rottang houe. Man! Dit is genoeg om my hoendervleis te gee.

Die dag wat daai wet deur die boeke is word ek ‘n spietkop!

Die helikopter is hier gekry.

1 comment