Apr 21
Truman Prince en Abe Lincoln, Waddefok!?
Ek was baie trots op my kakpraat vaardighede tot vanoggend. Maar, ek is ‘n goeie verloorder en ek weet as ek in die grond in getrap is. My ribbes is nou nog seer. Truman Prince is die meester, ek is net ‘n student in hierdie antieke gevegkuns genaamd kakpraat. Truman Prince is ‘n swart belt. As kakpraat rys was, was hy Viëtnam. As kakpraat gay mans was, was hy Kaapstad!
En dan sê hy ook hoeveel hy soos Abraham Lincoln is: “His is the story of a man who refused to give up — who turned trial into triumph. So have I. We must roll up our sleeves to better the circumstances of our people,”
Net so oomblik asseblief…. Laas keer toe ek gekyk het was Abe redelik wit gewees. Ek is amper seker hy was, want almal sê Barack Obama sal die eerste swart Amerikaanse president wees. Ek dink tegnies verkies hulle ‘African American’ maar ek is nie meer seker nie.
Nou is die vraag natuurlik, ek weet julle dink dit, wie gaan vir arme Truman sê? Hy gaan ‘n fokken oorval kry as hy hoor Abe was wit. Sê nou maar hy bars ‘n aar in sy kop en ………………….. het iemand sy nommer vir my? Dit is ‘n kak job maar iemand moet dit doen. As een van julle selfsugtige bliksems hom eerste vertel neem net ‘n foto van sy gesig of neem darem die oproep op op band. Asseblief?
Miskien weet Truman iets wat ons nie weet nie. Was Abraham Lincoln dalk nie so kaukasiër soos ons dink nie? In daai geval wie gaan vir arme Barack Obama sê hy kan dalk die tweede ‘African American’ president wees?
Shame, daar is net nie ‘n goeie manier vir die een om te eindig nie. Iemand gaan seerkry kêrels, iemand gaan seerkry.
2 comments2 Comments so far
Wat is jou gedagtes?


Daar is wel diegene wat oor Lincoln se ras bespiegel, wat hom eintlik beskou as die eerste nieblanke Amerikaanse president:
“Abraham Lincoln was our 16th president from 1861 to 1865. J. A. Rogers quotes Lincoln’s mother, Nancy Hanks, as saying that Abraham Lincoln was the illegitimate son of an African man. William Herndon, Lincoln’s law partner, said that Lincoln had very dark skin and coarse hair and that his mother was from an Ethiopian tribe. In Herndon’s book entitled “The Hidden Lincoln” he says that Thomas Lincoln could not have been Abraham Lincoln’s father because he was sterile from childhood mumps and was later castrated.”
Snaaks dat Truman hom met n man verbind wat sulke goed gese het:
“I will say then that I am not, nor ever have been in favor of bringing about in any way the social and political equality of the white and black races [the crowd applauds] – that I am not nor ever have been in favor of making voters or jurors of negroes, nor of qualifying them to hold office, nor to intermarry with white people, and I will say in addition to this that there is a physical difference between the black and white races which I believe will forever forbid the two races living together on terms of social and political equality. And inasmuch as they cannot so live, while they do remain together there must be the position of superior and inferior and I as much as any other man am in favor of having the superior position assigned to the white race.”
-Abraham Lincoln, 1858
Nou ja, dankie Robert!
So hulle het tog iets in gemeen. Albei het rassistiese opmerkings gemaak in die publiek en……erm..kug, kug…..ja, wel hulle het iets in gemeen.