Apr 14
Uruguay klap ‘n braai
Waddefok vang die pêrre in Uruguay nou aan?

Jy sien, ek was altyd van mening dat ons Suid-Afrikaners mos ‘n braai kan gooi. Lekker dop in die hand en om die vuur staan en ‘n paar choppies en steaks regkry om deur die nek te ryg. Nou sien ek dit is nou nie ‘n ordentlike braai volgens hulle nie.
Hulle vang toe sommer 12 ton se vleis, een moerse vuur (ja hulle moes die brandweer kry om te help, genuine) en begin toe gooi. Gelukkig was daar genoeg vreters wat toe tou staan om al die vleis te kou. Kyk, ek wil nou wragtig nie heeldag staan en vleis braai net om te sê ons is in die Guinness rekords nie
Geen gedagtes
Wat is jou gedagtes?
