Veelrassige paartjies is mos al ou nuus, of hoe?

‘n Wit ou met ‘n swart girl is mos al ou nuus of hoe? Dit is soos die vorige 7 reeks BMW, dit was interessant toe jy hom die eerste 5 keer gesien het, maar nou is dit net nog ‘n poephol wat nie sy flikker kan gebruik nie.

Ek wens iemand wil dit vir die arme ou sê wat ek Vrydag in my naaste shopping mall gesien het. Hy het vir hom ‘n heel skaflike swart girl losgeslaan en hy sou nie ‘n tweede kyk van my af gekry het nie. Die probleem was dat jy kon sien die arme ou is so ongemaklik hy kan doodgaan. Hy het so kyk op sy gesig gehad wat sê “Ek het ‘n swart meisie, daar is niks mee fout nie, hoekom moet daar fout wees?, ek is heeltemal op my gemak, ek hou haar om die lyf vas en alles is oraait, al is sy swart”. Daai gevriesde glimlag op sy gesig met die bok-in-die-hoofligte oë sou meer van pas gewees het as hy met ‘n twaalfjarige melaatse meisie in ‘n rolstoel ge-french-kiss het by ‘n kerkvergadering.

As jy so groot rassis is, hoekom kry jy ‘n swart meisie? Dit het gelyk of hy ‘n weddenskap verloor het. Ek is ‘n baie swak beoordelaar maar die ou was nie wat ek sou noem lelik nie, hy kan seker so bietjie vasbyt en soek vir ‘n meisie waarvoor hy hom nie doodskaam nie.

Siestog.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed