Jan 17
Voëls vlieg in vliegtuig vas? Aag kak man!

Ek praat nou van die vliegtuig wat meesterlik in die Hudson rivier ‘geland‘ is.
Hier is hulle nou besig om die ding uit die rivier te probeer haal.
Ek het ‘n probleem met die volgende stelling in daai tweede artikel:
“He was widely praised for his skill in bringing down the stricken plane after both engines failed when birds apparently flew into them”.
As jy daai lyn lees, klink dit amper of gewetenlose, Al-Qaeda selfmoord voëls (cruising spoed 60km/h) ‘n passasiers vliegtuig (cruising spoed 800 km/h en op) uitgesoek het en in sy enjins ingevlieg het.
Dit is ‘n onverantwoordelike ding om te doen, want ons almal weet wat met Irak gebeur het na die VSA aangeval is, en hulle was nie eers betrokke nie. Hulle enigste fout was die hoeveelheid olie waarmee hulle ‘geseën’ is. Gelukkig is George W Bush oppad uit want hy sou seker graag een of ander voëlpark in Alaska in sy moer in wou blaas.
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?