Ek wens al die SG lesers ‘n MOERSE nuwe jaar toe. As julle hard partytjie gehou het, hoop ek die babelas is nou al verby, en dat julle weer op soliede kos is en dat die long-terugplanting goed gegaan het.
Ek het die nuwe jaar soos ‘n regte ou oom gevier – “Nag skat” gesê met ‘n piksoen op my vrou se wang so tien minute oor twaalf, en bygelas “Ek hoop die fokkers hou gou op klappers skiet….. lekker slaap”.
Dalk moet ek volgende jaar ‘n beter plan maak, so kan dit nie aangaan nie. As jou Wedergebore Biker buurman jou ore aansit op nuwe jaar dan weet jy jy raak oud.
Geen.


Hi Wors,
Moenie alleen voel nie, ek en die vrou was al 10 uur in die bed!! Dis ook die minste wat ek ooit op ‘n Oujaarsaand gedrink het….1 Jack & Coke!! Dis asof nie meer lus het vir die kak nie!! Selfs die bure om ons was besonder stil.
Nou ja, mag 2012 net voorspoed en geluk vir almal inhou (behalwe vir Julius, Selebi, Shaik, Cele, Zuma en al die ander fokkers!!!!)
Mag SG van krag tot krag gaan en elke dag die moeite werd maak. Hopelik is Lisa hierdie jaar klaar gestudeer en vermaak sy ons weer met al haar wedevaringe. Hopelik is Pielneef uit sy hibernasie typerk uit, Brannas is darem nog so af en toe in die rondte. Ek sal selfs uitsien om weer van Adele, die fokken ateis, te hoor!!
Lol ja of van Susan van Zyl… sy het net gevloek en toe gefokof! Dis besonder onbeskof as jy my vra.