Apr 23

Waddefok!? Waar’s my tottie?

Category: Wat vang hulle aan

Daar is towernaars/toordokters in die Congo wat penisse steel! Hulle sê dat jy moet oppas vir mense met goue ringe. Moenie my so kyk nie! Dit is my trouring. Fokof! Ek het nie jou penis nie!

Die polisie probeer vir almal sê dit is ‘n kak storie maar daar is ouens wat sweer hulle tottermannetjies het gegaan van luislang na erdwurm nadat hulle met hierdie skelms in aanraking gekom het.

Weet julle wat dink Worsbeursie? Ek dink dit is die beste kak verskoning wat ooit kon gebeur het vir hierdie kakpraters! Dink net, ‘n meisie sien vir die eerste keer jou sweismasjien en dit is duidelik sy wou meer ‘amps’ getrek het. Al wat jy sê is: “Jammer hy is so klein. ‘n Toordokter het hom gekrimp. Hy was massief! Genuine! Hulle het my ‘Tri-pod’ genoem. Ek moes hom dubbel vou om 12 duim te kry. Ek kon nie kortbroeke dra nie”.

Miskien is van hulle sommer kakpraters maar ander ouens glo die kak. Glo jy die kak? Hulle glo dit so sterk dat hulle die toordokters al vet gebliksem het en al probeer het om hulle te hang.

Nou ja, dit kry jy nou van bygelowige kak glo. “Die brein is die grootste seks orgaan” het Dr Ruth gesê. Ek dink sy was reg.

Die cartoon is hier gekry.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
3 comments

3 Comments so far

  1. Robert April 23rd, 2008 12:09 pm

    Ek dink, al is dit n bol snert, moet ons dalk nie kanse vat nie,sluit aan by BOTTER (Bekommerde Ouens Teen Toor en Reduksie), en lat ons hierdie pielpeuters eens en vir al uitsort.

  2. Worsbeursie April 23rd, 2008 2:37 pm

    BOTTER sal jou mielie beskerm!

  3. Willem February 8th, 2009 2:45 am

    Mynprobleme…

Wat is jou gedagtes?