Ek sal ook graag wil weet Dries. Ek kan nie dink hoe dronk of gerook ek sal moet wees om dit te doen nie. Dit is tegnies nie moontlik nie, ek sal omval en uitpaas voor ek daar kan uitkom.
Ek stem, Worsbeursie. Kyk, ek was al gekletter in my lewe, maar die fok weet ek sal nooit, ooit so iets aantrek nie. Wat gaan deur jou kop as jy vir jouself in die spieël kyk? Sekerlik het jy tog iemand soos jou vrou / maat wat jou kan keer!! Maar nou ja, as ek so na die ou kyk, glo ek nie hy het iemand in sy lewe nie en ek glo nie hy sal gou iemand kry as hy so lyk nie!!
hardspear: Ja nee, mens kan jou nie verkwalik dat jy daai afleiding gemaak het nie… Ek dink egter dis veiliger om ‘n dame van onderhandelbare liefkosing te onthaal as ‘n Rekkie se amper eks…
Lisa: Hahahaha Wors! Ek is net so lief vir die wildtuin en weet presies waarvan jy praat! Ek het n pel gehad wat presies geweet het hoe om met Nuuskierige Neels te werk wat so agter mens se gat aanry om te sien of jy iets sien… Hy sou stop, in n Franse aksent met groot oe vir Neels se: You zee dee lyon? Zee cougt zee buck? en dan na Neels met hande in die lug kyk asof hy n poepol is omdat hy dit nie sien nie. Neels het dan natuurlik n probleem om te vra waar die Leeu en die bok is want...
DRIES: Bliksem Wors, ek het lanklaas ‘n opsomming gelees wat die spyker so op die kop slaan!!!! Ek sien al die genoemde poepolle voor my!! Op elke trippie wildtuin toe kom mens hierdie ape daagliks teë, glo my!! Genadiglik het ek nog net 1 keer met Sarel Student en sy pêlle te doen gekry en dit was laas September by die einste Pilanesberg!! Hulle het net nie einde gehad nie, totdat ek 1 uur die oggend uit ons tent gevlieg het, die voorbok aan sy bos hare gegryp het en in baie duidelike...
Brannas: Lol ja of van Susan van Zyl… sy het net gevloek en toe gefokof! Dis besonder onbeskof as jy my vra.
Brannas: Ja dis nogal ‘n bekommernis as die slaag vereiste so laag is en die vakke se standaarde ook nou laer is. Ek het nou die dag met ‘n onnie van een van die groot meisie skole gesels. Die vrou se toe sy het 80 ondeskeidings in haar klas vir Wiskunde gehad. Fok my… in ons dae moes mens nie net pitch en jou naam opskryf vir ‘n A nie. Maar aan die bright side… ek kan sommer sien daar is nog F-en baie geld in die land te maak as standaarde van onderwys sak en...
DRIES: Ek hoor op die nuus dat een of ander kruppel vakbond, ek dink NEHAWU, vra (demand!!) dat universiteite hulle toelatingsvereistes moet verslap sodat meer studente toegang kan verkry tot têrsiere onderrig!!! My goeie bliksem, as jy nie eers matriek behoorlik kan deurkom nie, hoe de fok gaan jy Universiteit slaag??? Hierdie land raak by die dag al hoe meer kruppel!!!
DRIES: Hi Wors, Moenie alleen voel nie, ek en die vrou was al 10 uur in die bed!! Dis ook die minste wat ek ooit op ‘n Oujaarsaand gedrink het….1 Jack & Coke!! Dis asof nie meer lus het vir die kak nie!! Selfs die bure om ons was besonder stil. Nou ja, mag 2012 net voorspoed en geluk vir almal inhou (behalwe vir Julius, Selebi, Shaik, Cele, Zuma en al die ander fokkers!!!!) Mag SG van krag tot krag gaan en elke dag die moeite werd maak. Hopelik is Lisa hierdie jaar klaar...
Pielneef: Wors jy’t een uitgelaat: Dis al wat ek kan kry! A bush in the hand is worth two on the dance floor… Ek’t jou ook gemis Dries.
DRIES: Bliksem, ek het lanklaas so lekker gelag!! Ja-nee, dit bring nogal herinneringe terug van mens se jong dae toe Kleinkoppie jou rigting in die lewe bepaal het. Party is goeie herinneringe, maar daar is ook ‘n paar nagmerries tussen in. Die eintlike fokop kom in as Kleinkoppie en drank saamspan. Dis ‘n fokop van onmeetbare proporsies, glo my!!
Brannas: Goeie bliksem straal Susan! Laat ek raai jy het 5 katte en anders as ander mense met soveel katte het jy goeie redes? Ek het nogal vroeer in die week gehoor van ‘n goeie fur ball dieet. Kan ek die link aanpass?
Haai Koos! Howzit hanging? Nee toemaar, ek kan sien….
Wat de dooie bliksem besiel ‘n mens om dit te doen??
Ek sal ook graag wil weet Dries. Ek kan nie dink hoe dronk of gerook ek sal moet wees om dit te doen nie. Dit is tegnies nie moontlik nie, ek sal omval en uitpaas voor ek daar kan uitkom.
Ag man, julle het geen fashion-sense nie!
Ek stem, Worsbeursie. Kyk, ek was al gekletter in my lewe, maar die fok weet ek sal nooit, ooit so iets aantrek nie. Wat gaan deur jou kop as jy vir jouself in die spieël kyk? Sekerlik het jy tog iemand soos jou vrou / maat wat jou kan keer!! Maar nou ja, as ek so na die ou kyk, glo ek nie hy het iemand in sy lewe nie en ek glo nie hy sal gou iemand kry as hy so lyk nie!!
Mag die week bedonnerd wees!!
Ek dink nou weer: Met die regte skoene kan dit werk…
FFS wors!!! Jy het my belowe jy gaan daai foto van my laat verdwyn! Nou is dit die hele interwebz vol.
Sorrie Trilwillem, Martie van HR het hom ingestuur, hoe was loslit dag met die perde? Turffontein racecourse as ek reg onthou?
Ek sit sommer ‘n foto van Martie op!!! Nou weet almal waar kom my naam vandaan.