Jul 13

Wat die weirdo’s Google

Category: Wat vang hulle aan
Hannah Mintanne was so gewild, hier is sy weer!

Hannah Mintanne was so gewild, hier is sy weer!

Dit is ongelooflik! As ek regtig kreatief probeer wees, sukkel ek om met die stront op te kom wat mense Google. Jy kan op jou blog se statistieke sien watter terme mense ge-Google het om by jou uit te kom.

So paar van my huidige gunstelinge is bv:

  1. “fotos van vagina van ‘n koei” – Ek hoop die een is vir ‘n skooltaak of iets, want ek sidder om te dink aan die tipe ou wat by die huis sit en draadtrek terwyl hy na foto’s van bees vulva kyk. SIES!
  2. “meisies wat naai” – Praat hy van ‘she-males’? Hoekom Afrikaans? Alles klink skurwer in Afrikaans, maar as jy regtig op soek is na ‘meisies wat naai’, moet jy dalk eerder Engelse of selfs Russiese sites soek.
  3. “wat sê die Bybel oor bodybuilding” – Ek dink nie die Bybel sê veel van bodybuilding nie. Simson was een sterk bliksem en Goliat was ‘n moerse ou, maar ek kan regtig nie dink dat die Bybel ooit noem hoeveel rou eiers hulle geëet het of hoeveel kreatien hulle gebruik het nie. Die punt word net gemaak dat hulle sterk of groot was.
  4. “tiete borste boobs” – Hier is ‘n ou wat darem weet wat hy wil hê.
  5. “penis siektes” – Dalk nie die slimste ‘search term’ nie. Want penisse raak nie siek nie, hulle eienaars raak siek omdat hulle hulle penisse druk waar hulle nie moet nie. Ek dink in elk geval jy moet eerder by ‘n dokter uitkom as jy vermoed dat jou penis ‘n ‘siekte’ het.
  6. “draadtrek fotos” – Weereens die Afrikaans. Soek jy foto’s van draadtrek of vir draadtrek, daar is ‘n MOERSE verskil.
  7. “hoekom is ek gay” – Siestog.
  8. “woorde met seks in” – Wat? Soos “Sekskapade” of “Seksie”?
  9. “pick up lines afrikaans” – Hier is drie, “Vir ‘n vet meisie sweet jy min” en “As ek vir jou sou sê jy’t ‘n mooi gat, sou jy dit teen my hou?” en “Ken jy die verskil tussen orale seks en visvang?” (wag vir die ‘nee’) “Nou maar wil jy gaan visvang?”
  10. “bybel met skop” – Ek weet nie of jy gaan regkom nie. Soek jy vir die Nuwe Nuwe Vertaling of iets? “In die begin was daar net mooi ‘sweet’ blou………….”
Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?