May 26

Wat Google jy jou frats!?

Category: Wat vang hulle aan

Ek kan met Google se plug-in, Analytics, sien watter terme mense gebruik het om by Waddefok uit te kom.

Laat ek nou vir jou sê, daar is ‘n paar vreemde kalante daar buite!

Hier is so paar van my ‘gunstelinge’:

1. Geperforeerde dikderm: Hierdie is die mees populêre search-term wat gebruik is, behalwe ‘Waddefok’ self. Dit was eintlik omdat arme Steve Hofmeyr aan ‘n geperforeerde dikderm gely het en natuurlik wou almal uitvind (a) wat dit is, en (b) of Steve oraait is.

2. Moffies bliksem: Daar was al ses (ja ses!) ‘searches’ gedoen vir ‘moffies bliksem’. Wat de donder sou jy voor soek as jy in tik ‘moffies bliksem’!? Soek jy ‘n ‘how to’ gids? Wil jy by ‘n club aansluit? Is jy in kinky goed soos harde homoseksuele dissipline tipe S&M in? Nie een van daai goed sal jy op Waddefok kry nie so as dit jy is fokof! Ons soek nie jou tipe ‘closet case’ homo fobiese stront hier nie. As jy ‘out and proud’ is, welkom, as jy straight en Afrikaans, baie welkom.

3. Kak: Ja, net die een woordjie, ‘kak’. Wel, as jy vir kak soek, gaan jy dit op Waddefok kry! Welkom vir jou en geniet die kak, maar moet dit nie vir ‘n oomblik glo nie!

4. Demokrasie: Dit is ook ‘n interessante een want dit kan enigiemand van geheime gesoekte terroris tot politieke student wees wat dit ge-Google het. Dit kon selfs Robert Mugabe wees wat wil sien waddefok almal so aangaan oor die nuwe ‘Demokrasie’ ding en of dit dalk die moeite werd is om ‘n ‘go’ te gee.

5. Bybel: Dit verbaas my nie in die minste dat mense ‘Bybel’ Google nie. Daar is ‘n gratis Bybel aanlyn genaamd Netbible, daar is ook die dagga boer se bybel. Wat wel die hel uit my uit verbaas is dat iemand wat ‘Bybel’ Google sal ‘click’ op ‘n ‘link’ met die naam ‘WADDEFOK, Glo jy die kak?’. Ek vermoed daar is meer mense wat na die tweede Bybel soek as die eerste een.

6. Erdwurm: Waddefok?

7. Piele: Dit kan in die Afrikaanse styl bedoel word soos “Jislaaik daai Pierre Spies is ‘n piele speler!” en dan kan dit natuurlik ‘n stoute sekretaresse gewees het wie se baas uit die kantoor is (ek hou van die een, ek kan haar sien met haar besigheidspakkie en daai knie lengte pantyhose) of dit kan natuurlik ‘n sweterige ou vuil bliksem wees wat sit en jags raak terwyl hy ander ouens se swingels beloer.

8. Aan my ou ons is swanger: Dit is loshande die vreemdste, interessantste mees senutergende ‘search term’ wat al by Waddefok uitgekom het! Wie is jy? Is jy swanger en weet nie hoe om jou ou te sê nie? Het jy gesoek vir raad en advies? Dalk ‘n Hallmark kaartjie wat die woorde bevat? Fokkit, ek kan jou nie sê hoe ek al gesit en dink het oor die een nie. As jy dalk weer kom draai by Waddefok, sê vir jou ou, sê vir jou ouers! Hulle kan dalk die bliksem in wees vir ‘n ruk maar hulle sal oor dit kom en jy het al die hulp nodig wat jy kan kry. En moenie met die klein sperm-skenkertjie trou as hy ‘n poephol is nie. Hy was te deur die kak, lui of onverantwoordelik om ‘n kondoom te koop, wat laat jou dink hy kan ‘n pa wees?

Ek sal weer so ‘n ‘post’ doen as ek nog sulke vreemde ‘hits’ kry. Dit is bliksems interessant.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
2 comments

2 Comments so far

  1. zen October 7th, 2008 1:10 pm

    Ek kry nie sulke interessante hits nie! Net eenkeer het iemand Meryl Streep + Walter J Veith gegoogle. Wdf?

  2. boendoe April 19th, 2009 1:24 pm

    Erdwurms? :lol:

    Laasweek het ek lekker gelag vir “druk die fokken groen knoppie”!

Wat is jou gedagtes?