Wat is in ‘n naam?

mike

Hierdie arme ou sukkel seker deur die lewe met daai naam.

Ek het al ‘n paar ouens geken wat hulle gatte aflag vir ouens met vreemde, en soms nie so vreemde, name. As die naam nie snaaks is nie dan maak hulle hom snaaks. “Potgieter……..Pottie, HUHUH Pottie-Tottie, HUHUHUHU, Pottie-Tottie, Pottie-Tottie. Hy Pieter, ontmoet vir Pottie-Tottie, HUHUHUHUHU”. Hulle is gewoonlik nie die skerpste messe in die laai nie. Van daai ouens sou in hulle broeke geblerts het vir ‘Mike Litoris’, as hulle hom kon uitwerk.

My sussie het ‘n klient met die naam Peter Niss gehad. Die dowwerd het op sy besigheidskaartjie ‘P. Niss’ gesit. Toe kom sy in die kak want sy het natuurlik gegiggel, wie sou nie?

Ek het gehoor van ‘n ou wat Carel Monster was, C. Monster, hy verander dit toe na C. Mostert, seker agv al die drolle waarvan ek vroeer gepraat het, “HUHUHUHUHU C. Monster, Seemonster, HUHUHUHU, hey Sarel Seemonster, HUHUHUHUHU”. Daar is ernstige drolle in die lewe, kan jy nie net later in jou kantoor lag nie? Hoeveel plesier kan jy daaruit put om iemand te laat sleg voel oor sy naam? Dit is nie asof hy met geboorte gesê het “Hoor hier Ma, Pa, ek het gedink oor die naam wat julle my gegee het, en ek dink ek verkies, Derrick, Derrick Hak of dalk Naas, Naas Bestaande” nie.

Ten spyte van als wat ek sopas kwyt geraak het, Mike Litoris is bliksems snaaks.

Relevante Stukkies:

  1. Dink mooi oor jou website se naam.
You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed