Sep 11
Zapiro sê nie jammer nie, want hy is nie
Oom Jacob en sy trawante wil mos hê Zapiro moet jammer sê oor die spotprentjie wat in die Sunday Times verskyn het. Nou het hy gesê hy gaan nie jammer sê nie.
Mooi so Zapiro!
Ek dink die bietjie stadiger ouens sukkel hulle gatte af om ‘Cartoons’ te verstaan. Hulle sê byvoorbeeld hy word uitgebeeld as ‘n verkragter. As jy nou Jacob se geskiedenis ignoreer, wat flippen moeilik is, is dit mos voor die hand liggend dat geregtigheid altyd as ‘n geblinddoekte vrou uitgebeeld word. Wie de donder weet dit nie? As geregtigheid gewoonlik as ‘n panda met ‘n oogklap uitgebeeld was, sou Zapiro dit geteken het. “Hou vas daai Panda en gee my die Vaseline!”
Hy word nie as verkragter in die algemeen uitgebeeld nie, hy word uitgebeeld as iemand wat die regstelsel wil verkrag en sy tjommies help hom. Dit is toevallig presies wat ek dink.
Wat my lekker laat lag het was die volgende:
In a joint statement, the alliance said the cartoon rubbished the collective integrity of the alliance and constituted a continued violation of Zuma’s rights. They’ve recommitted themselves to defending and upholding the rule of law. The alliance added that while press freedom was a cornerstone of democracy, it should not be abused.
Defending and upholding the rule of law! HA HA HA! Hoe sê jy daai met ‘n reguit gesig as jy jou hele dag spandeer om Ou Bra Jakes uit die hof te hou, newwermaaind die tjoekie?
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?
