Feb 5

Zuma, die super-pa!

Ek het lekker gelag vir die Zuma kamp se reaksie op die boehaai wat Zuma se 20ste kind ontketen het.

As jy nou nie lus het om al die heen-en-weer te lees nie, was dit basies iets soos: “En!? Hy is die president, en hy is Zoeloe, wat is julle probleem? Hy kry duidelik genoeg seks, soos dit hoort, en hy is ‘n regte man met ‘n goeie stel knaters. Natuurlik gaan hy ‘n klaskamer vol kinders verwek. WDF?”

Dit was vir my ongemaklik dat ons land jaarliks, vir 16 dae lank, herhinder moet dat jy nie vrouens en kinders moet mishandel nie – dit maak nou baie meer sin. Sekere goed is net nie voor die hand liggend vir almal nie.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
5 comments

5 Comments so far

  1. Trilwillem February 9th, 2010 8:17 pm

    Die hele ding dat “bekende” mense nie mag “liefdes”kinders hê nie is redelik deur die kak. Die goed gebeur! Deal with it

  2. VerdantSF February 9th, 2010 9:24 pm

    Ek is ‘n Amerikaner, maar ek leer Afrikaans. Ek het vanoggend julle webblad gevind. Ek geniet om dit te lees. Mag ek ‘n Engelse vertaling van jou Chris Rock pos op my webblad plaas? Met Snaaksgenoeg se skakel, natuurlik :) . Dit is baie goeie oefening vir my. Ag, en verskoon asseblief my gebroke Afrikaans!

  3. Amoer February 10th, 2010 4:27 pm

    Ek kan deal met die “liefdes-kinders”. Wie gee om wie Steve/Zuma ens. verwek? Ek gee nie om wat hulle in hul privaat hoedanigheid maak nie (om eerlik te wees ek steur my redelik min aan wat hulle in hulle profesionele hoedanigheid maak).
    Waar ek wel ‘n ongemak begin ervaar is as daar 20 (en counting) kinders is en ek vermoed die belastingbetaler (lees nou EK ongeag van hoe klein my deel ook mag wees)die rekeninge hiervoor moet optel. Ek is regtig bekommerd oor ons “hoofman oor honderd” se kinders. Shaik lê op vrekte en wie weet waar die geld vandaan gaan kom om die kinders in die styl groot te maak waaraan die Zuma’s gewoond is. My ongemak raak al hoe groter hoe langer ek hieroor dink tot op die punt wat dit ‘n baie (BAIE) lae rugpyn word en ek begin vermoed dat die ongehude moeders nie die enigste is wat gespyker word nie.
    So ja nou vir ‘n (teesinnige) sigaret na die tyd.
    Tarra parra

  4. Worsbeursie February 10th, 2010 5:05 pm

    He he, ja nee Amoer, so word ons ook maar sonder ef-elle gespyker!
    Ek voel amper sleg dat ek nie dieselfde verontwaardiging en woede voel wat ‘n klomp mense duidelik voel nie. Dit voel of iemand my ‘n storie vertel van ‘n ou wat in ‘n rooibok kostuum by ‘n leeukamp instap met ‘n bord springbok carpaccio in sy onderbroek, en dan verbaas uitroep – “En toe byt die bliksems hom!”. My gevoel is regtig meer een van – “Ek het julle mos gesê!”.

  5. Worsbeursie February 22nd, 2010 8:19 pm

    Jou Afrikaans is uitstekend! Regtig. Vertaal hom gerus.

Wat is jou gedagtes?